advertisement
Question
Posted by: Martie | 2009/01/16

Hoë  GI kosse saam met geen oefening

Hallo dok.
Ek het uiteindelik my eetgewoontes en my gewig onder beheer. My bmi is nou 20 en ek voel baie goed.
Ek probeer meestal kosse met ' n lae GI eet.
Blykbaar is mens net veronderstel om kosse met ' n medium tot hoë  GI te eet na oefening. My probleem is dat ek geweldig besig is tussen my voltydse werk, my studies en my klein tuisbesigheid, en dat ek byna nooit tyd kry vir fisiese oefeninge nie. Dus mag ek nooit kosse eet met medium tot hoë  GI nie.
My vraag: My logika sê  dat bruin rys en baba gekookte aartappeltjies gesondheidsvoordele moet inhou, want dis natuurlike onverwerkte kosse. Maar dus mag ek nooit hierdie kosse nuttig nie, aangesien ek nooit hard oefen nie??
Verstaan ek dit reg?
Om nie te praat van Waatlemoen en spanspek of mango' s nie!!
Ek sal enige hulp om my gesondheid reg te bestuur baie waardeer.
Groete
Martie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Martie
Ek is vir jou part bly dat jy jou droom-BMI bereik het. 'n BMI van 20 is bietjie laag, maar darem nog goed binne die normale perke. Die beginsel van die GI beteken nie dat jy nooit kosse met 'n medium of hoë GI mag eet nie. In die eerste instansie is daar baie kosse met 'n hoë GI wat 'n uitstekende voedingswaarde het van vitamiene en/of minerale (bv. die bruin rys en aartappels in die skil gekook, heelgraanbrood, ens) en tweedens kan mens die GI van hoë-GI kosse verlaag deur allerhande dinge toe doen: bv eet die bruin rys saam met lae-vet vleissous (Bolognaise sous) of vet-vrye ongegeurde jogurt met die aartappels en jy sal die GI daarvan verlaag. Eet ook jogurt of vet-vrye maaskaas met die waatlemoen en spanspek en die GI sal daal. Dit is dus 'n gesonde praktyk om 'n mengsel van hoë-, medium- en lae-GI kosse te eet om seker te maak dat jou dieet gebalanseer is, maak net seker dat jy meer lae-GI kosse as hoë-GI kosse eet.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement