advertisement
Question
Posted by: Onseker | 2009/06/24

HIV risiko?

Dok, ek het vandag by die werk ' n rol masking tape opgetel en toe ek ' n stuk wou afskeur het ek opgemerk dat iemand ' n bietjie bloed daarop laat beland het. Ek het dit dadelik neergesit en my hande gecheck, ek het niks bloed op my vingers gesien nie. Ek het my hande met seep gaan was. Ek is bekommerd aangesien ek ' n wysvinger en duim het wat elk ' n klein barsie op het, amper soos ' n papercut, juis op die hand waarmee ek die tape opgetel het.
As ek geen bloed gesien afgee het op my hande nie, wat is die risiko van HIV? Moet ek voorkomende behandeling gaan soek?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Onseker
Nee jy hoef nie voorkomende behandeling te kry nie. HIV is 'n pieperige virus wat baie gou doodgaan buite die liggaam en as jy nie bloed op jou hand gesien het nie, is dit nie nodig vir medikasie nie. ( maar dis goed dat jy ingestel is daarop!)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement