advertisement
Question
Posted by: Mosbolletjie | 2010-05-12

Hitte swelling

Ek ly verseker aan hitte swelling " heat oedema" . Ek was al by ''n internis ook geweees en sy se dat ek ''n sirkulasieprobleem het, dis hoekom ek swel. Dit wil my voorkom asof hierdie kwaal nog nie wyd nagevors is nie. Waterpille help niks en ek swel glad niks in die winter nie. Sodra ek myself in temperatuur bevind van meer as 23C begin my enkels en voete swel - dit is hoekom ek weet dat dit nie normale waterretensie of ''n sirkulasieprobleem is nie, maar wel swelling agv hitte. Die apteke rondom my het ook nie vir my raad of ''n produk wat ek kan gebruik nie. Die afgelope somer was vir my een groot hel. Ek het konstante ongemak en pyn (van die vel) verduur en met die swellery het die vel op my voete heeltemal verrek en konnie skoene kry wat my pas nie! Weet u dalk iets van hierdie kondisie af en kan u enige medikasie of hulp voorskryf? Op hierdie stadium wens ek dit bly vir altyd winter, want dan swel ek nie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Mosbolletjie
Laat jou dokter dalk net kyk na jou aldosteroon, natrium en kalium vlakke. As jou aldosteroon hoog is, kan spirololaktoon dalk beter werk as ander waterpille vir die swelling.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010-05-13

Hallo Mosbolletjie
Laat jou dokter dalk net kyk na jou aldosteroon, natrium en kalium vlakke. As jou aldosteroon hoog is, kan spirololaktoon dalk beter werk as ander waterpille vir die swelling.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement