advertisement
Question
Posted by: Delene | 2009/11/11

Hipotensie

My blinde 28-jarige dogter ly aan baie lae bloeddruk. Dit val tot 60/40. Sy is gehospitaliseer en Addisons is uitgesluit. Ek aanvaar alle ander toetse was ook negatief. Die internis voel dis postureë le hipotensie - val wanneer sy van liggaamsposisie verander. Kan so iets dit dan so laag daal?
Sy gebruik die volgende medikasie en ek het gewonder of die kombinasie van alles nie dalk ook bloeddruk kan verlaag nie:
Tegretol, Telfast, Yasmin,Losec, Nasoflix, en hande vol Lomotil en Imodium vir beheer van erge diarree - sy is glutenintolerant met erge diaree. Sy gebruik Ladyvite en Caltrate plus. is daar dalk van die aanvullings en medikasie wat die lae bloeddruk verder vererger? Sy het osteoperose weens wanabsopsie in die derm. het eers ook Entocord gebruik, nou gestaak. Die internis het nou Florinef (laagste moontlike dosis0 voorgeskryf. Dit is mos ook ' n kortisoon - is dit dan nie ook nadelig vir iemand met osteoperose nie? baie dankie vir jou hulp

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Delene
Die Florinef is 'n mineralo kortikoid - dit het 'n effek op die bloed soute en waarskynlik 'n goeie idee met haar lae bloeddruk. Sy verloor dalk te veel van haar soute ( natrium, kalium, bikarbonaat) en ook vog met die chroniese diaree. As dit erg is moet sy maar Rehidrat gebruik om die soute en vog terug te sit. Effortil PL en Akrinor help vir lae bloeddruk maar was amper onverkrygbaar in die afgelope paar maande. Haar medikasie is waarskynlik nie die oorsaak van haar lae bloeddruk nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/11

Hallo Delene
Die Florinef is 'n mineralo kortikoid - dit het 'n effek op die bloed soute en waarskynlik 'n goeie idee met haar lae bloeddruk. Sy verloor dalk te veel van haar soute ( natrium, kalium, bikarbonaat) en ook vog met die chroniese diaree. As dit erg is moet sy maar Rehidrat gebruik om die soute en vog terug te sit. Effortil PL en Akrinor help vir lae bloeddruk maar was amper onverkrygbaar in die afgelope paar maande. Haar medikasie is waarskynlik nie die oorsaak van haar lae bloeddruk nie.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement