advertisement
Question
Posted by: Melanie | 2010/09/07

Hip tendinitis

My probleem het omtrent ''n jaar gelede begin. Ek is ''n fietsryer (mountain bike) en het so af en toe gedraf. Ek het agtergekom dat sodra ek draf (totaal van so 5km) na sowat 3 km het ek ''n vreeslike pyn in my een heup ontwikkel, wat die volgende dag gemaak het dat ek skaars kan loop. As gevolg daarvan het ek die gedrawwery gestop en slegs fietsgery. Die afgelope maand het ek dieselfde pyn in albei my heupe begin kry sodra ek so 30 km op die fiets is. Dit is nie dat ek strawwer begin oefen het nie, maar dit is nogal seer veral sodra jy krag uitoefen met veral sand en opdraandes. Ek het bietjie navrae gedoen en my simptome kom min of meer op tendonitis neer. Kan Dok dit dalk bevestig of ''n ander verklaring hiervoor gee en ook wat my te doen staan? Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Melanie
Ek dink tog dat jy ook x/strale van die heupe moet kry om net ander oorsake ook uit te skakel -mens moet osteonekrose (waar die been skade kry as gevolg van swak bloedvoorsiening, arthritis en stress frakture eers uitskakel) 'n Baie algemene heup probleem in atlete is trochanteriese bursitis waar die "sakkie" met vloeistof in die heup wat help dat die heup maklik beweeg inflammasie in kry. 'n Fisioterapeut of sport geneesheer sal dit kan diagnoseer na aanleiding van jou simptome en 'n ondersoek.
Sien ook http://orthopedics.about.com/cs/hipsurgery/a/hippain.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/07

Hallo Melanie
Ek dink tog dat jy ook x/strale van die heupe moet kry om net ander oorsake ook uit te skakel -mens moet osteonekrose (waar die been skade kry as gevolg van swak bloedvoorsiening, arthritis en stress frakture eers uitskakel) 'n Baie algemene heup probleem in atlete is trochanteriese bursitis waar die "sakkie" met vloeistof in die heup wat help dat die heup maklik beweeg inflammasie in kry. 'n Fisioterapeut of sport geneesheer sal dit kan diagnoseer na aanleiding van jou simptome en 'n ondersoek.
Sien ook http://orthopedics.about.com/cs/hipsurgery/a/hippain.htm
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement