advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/06/22

HIGH PROTEIN DIET

HI,
EK IS OP N HIGH PROTEIN DIET. SAL DIT N VERSKIL MAAK AS EK SUIKER GEBRUIK IN PLAAS VAN SWEETNERS? SAL DIT N VERSKIL OP DIE WERKING VAN DIE DIET MAAK? NET 5 TOT 8 TEELEPELS N DAG. DIS MOS DAREM NIE CARBS NIE. INDIEN SUIKER GLAD NIE N OPSIE IS NIE WAT SE SWEETNER SAL DIE BESTE WEES OM TE GEBRUIK. EK HET OOK AL GEHOOR DAT SWEETNERS KANKER KAN VEROORSAAK EN NADELIG IS VIR JOU, IS DIT WAAR?
DANKIE.........

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste High Protein Diet
Ek is nie ten gunste van hierdie hoë-proteïendiëte nie aangesien dit potensiële risiko's bevat. Suiker en stysel is albei koolhidrate en die inname van 8 x 5 = 40 g suiker per dag verteenwoordig wel koolhidraatinname. Die keuse van kunsmatige versoeters hang van die persoon af, sommige persone verkies produkte wat aspartaam bevat, ander verkies siklamate. As jy dit matig gebruik behoort dit geen nadelige effekte te hê nie. Kunsmatige versoeters is deur internasionale deskundiges as veilig geklassifiseer. Onthou net dat mense met fenielketonurie ('n aangebore siekte) nie mag aspartaam gebruik nie aangesien dit fenielalanien, 'n aminosuur bevat wat ook in ander proteïenkosse, soos vleis, eiers, ens, voorkom.
Ek dink jy behoort liewer 'n gebalanseerde, lae-vet-dieet en oefening te gebruik vir jou gewigsverlies pleks om jou aan die gevare van ketose bloot te stel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Johan | 2009/06/23

Gebruik bruin suiker, gesonder. Of los dit heeltemal. Net ' n smaak wat jy moet aanleer.

Reply to Johan
Posted by: Anonymous | 2009/06/23

Suiker is ongelukkig ' n " carb"  of koolhidraat. En ' n baie verfynde een daarby. Maar dit is nogsteeds gesonder as ' n versoeter. Gebruik suiker, maar probeer dit geleidelik afskaal. As jy nou bv. 2 lepels suiker in jou koffie gebruik, begin vandag met 1 en ' n half teelepel, van volgende Maandag af net 1 teelepel en nog ' n week later net ' n half teelepel. Dis nie nodig om dit dan nog verder af te skaal nie - bitter koffie is darem net nie lekker nie. Probeer om nie meer as 4 teelepels suiker ' n dag te gebruik nie.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement