advertisement
Question
Posted by: Lady M | 2011-02-09

High cholesterol

Beste dr

Ek het ''n ruk gelede geskryf oor my man (47) se cholesterol wat hoog is (9.1).

Ons huisdokter het nou Lipitor se kloon (Aspavor) voorgeskryf - ek het gevra vir Lipitor maar hy het hierdie een voorgeskryf. Ek is onrustig - wil die cholesterol vlakke laat daal. Hy het altyd Prava gebruik.

Is Aspavor net so goed soos Lipitor? Hoe lank dink dr moet hy dit gebruik voor hy weer die vlakke laat toets?

Ek lees in die pakkie dat teensuurmiddels en Magnesium die werking verswak - is dit so?

My man gebruik die volgende medikasie daagliks:

Oggend
Zestril
Nutri B
Omega 3 en 6
Slow Mag (535mg)
Cipralex 10mg
Librax

Aand
Cholesterol pil
Slow Mag
Losec 10mg
Librax

Moet ek nog iets gee soos bv Vital Multitime Heart in die oggend?

Kan die slowmag en die losec/librax die werking van Aspavor verswak?

Is Aspavor beter as Prava? Was dit die regte verandering om te maak? Ek weet ek het al gevra maar ons apteker laat weet my dat Prava werk op bloedvet - klink asof dit vet verwyder uit die bloed? Is dit reg en doen Aspavor dit ook?

Ek wil net verseker hy gebruik die beste medikasie - ek is regtig bekommerd. Sy rustende bloeddruk is 120/80 - die EKG wat hulle gedoen het wys niks snaaks nie alles normaal - fiksheidsvlakke ook taamlik goed - pols 60.

Dankie vir die geduld en hulp.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lady M
1. Stop die Omega 3 en 6 - dit kan sy cholesterol hoog hou - laat hy net Omega 3 drink
2. Moet net nie die Aspavor en Slow mag op die selfde tyd drink nie. Wag so uur tussen-in.
3. Prava en Lipitor (Aspavor) is beide "statins". Dit is 'n groep medisyne wat cholesterol verlaag deur 'n ensiem in die lewer te blok. Die liggaam gebruik hierdie ensiem om cholesterol te maak (wat nodig is, want mens se hormone word van cholesterol gemaak) Hierdeur word daar minder cholesterol gemaak en help dit die lewer deur meer slegte vette uit die bloed verwyder. Party mense doen beter op 'n ander tipe statin as Prava - dis baie individueel en een is nie noodwendig "slegter" as 'n ander nie. Jy kan dalk ipv die Nutri B liewer 'n gebalanseerde multivitamien soos Centrum gee wat iets van alles in het.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011-02-10

Hallo Lady M
1. Stop die Omega 3 en 6 - dit kan sy cholesterol hoog hou - laat hy net Omega 3 drink
2. Moet net nie die Aspavor en Slow mag op die selfde tyd drink nie. Wag so uur tussen-in.
3. Prava en Lipitor (Aspavor) is beide "statins". Dit is 'n groep medisyne wat cholesterol verlaag deur 'n ensiem in die lewer te blok. Die liggaam gebruik hierdie ensiem om cholesterol te maak (wat nodig is, want mens se hormone word van cholesterol gemaak) Hierdeur word daar minder cholesterol gemaak en help dit die lewer deur meer slegte vette uit die bloed verwyder. Party mense doen beter op 'n ander tipe statin as Prava - dis baie individueel en een is nie noodwendig "slegter" as 'n ander nie. Jy kan dalk ipv die Nutri B liewer 'n gebalanseerde multivitamien soos Centrum gee wat iets van alles in het.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement