advertisement
Question
Posted by: Karen | 2008/10/30

Hiatus Hernia

Dokter,

Ek sukkel nou al vir baie lank met ' n HIATUS HERNIA (het met Gastroskopie bevestig dat ek wel een het) wat vir my suur/sooibrand en kroniese bronchitus veroorsaak. Ek drink tans 40mg Nexium maar my dokter wil nie die voorskrif hernu nie en wil my stuur vir ' n suurtoets.

Is daar ' n verskil tussen HIATUS HERNIA en MANTELVLIES breuk? Enige raad sal waardeer word. Baie dankie vir die puik diens.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Karen,
Hiatus hernia en mantelvliesbreuk is dieselfde ding. As 40mg Nexiam nie help nie is jou dokter reg om verder ondersoeke te doen - hy gaan jou waarskynlik nou na 'n gastro enteroloog toe verwys. Die vraag is of jy dalk 'n operasie nodig het om die breuk te herstel, en of jy maar moet aangaan met medikasie in die lig van die komplikasie van chroniese bronchitis - mens word nou ook nie jonger nie, en dit is dalk beter om dit vroeer te doen as later.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: mariaan | 2009/04/21

ek kry geweldige winde en borspyn daarmee saam. EK het al vir ekg' s gegaan, hart sonar ens ens en die probleem dui nie op my hart nie. Kan u my asb dringend raad gee

Reply to mariaan
Posted by: elaine | 2009/03/08

Ek gebruik reeds 40mg Nexium daagliks. Dit gaan goed met tye maar die afgelope ruk sukkel ek met benoudheid en hartkloppings. my dr se my maag stoot deur die opening. Wat kan ek doen?

Reply to elaine
Posted by: Buddy | 2008/12/03

Dokter,
Ek het so 5-6 jaar terug ' n mantelvlies breuk herstel gehad en dit het baie goed gegaan.

Is daar ' n moontlikheid dat daar weer fout kan gaan. As ek klaar geeet het voel ek soos ' n opgestopte wors en voel dit of daar nie genoeg plek vir alles in my ingewande is nie. As ek braak voel ek sommer stukke beter, maar niks van die kos het dan verteer nie. Ek het ook soms vreeslik pyn oor my maag gedeelte.
Baie dankie vir jou hulp!!

Vicki

Reply to Buddy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement