advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010-09-30

Hi Doc

Hi Doc,

Dis 3uur in die oggend en my koppie raas, want ek weet nou net genoeg om my te laat wonder wat gaan nou eintlik met my aan? Ek gaan nou super-mom wees en net vir my dogtertjie en ander kind en man daar wees tot sy nou heeltemal herstel het van haar mangeloperasie vandag, en dan is ek van plan om antwoorde vir myself te kry.

Ek het nou al konstante, elke dag se pyn en seer en nie lekker voel nie en dis erger as dokters nie weet wat jou makeer nie en jy maar dink dis dalk net die EBV virus wat sluimer en dan tree jy selfvernietigend op deur nie jou cholestrol pille te drink nie, want as elke dag so is, wie wil dan 80jaar oud word? So dan drink jy slaappille sodat jy net deur die nag kan kom en jy drink dit vroeg, want jy kan nie wag om weg te kom van hierdie lyf wat jou volg nie. En dan drink jy maar Lentogesics elke dag, wat jou op ''n trip laat sit en dan voel jy nie die lyfpyn nie en dan dink jy weer: dis nie reg nie, daar moet fout wees.

So, met die wete dat my Ferritien onnatuurlik hoog is, is ek nie ''n Dokter nie, maar ek het die volgende paar goed uitgefigger: ek het nie sooibrand van my maag af nie, want anders sou die Prof dit opgetel het. Ek het ook nie LES probleem nie, al praat hulle van hypotensive LES, ek gaan nie net sny omdat hulle nie lekker weet nie.

As ek so baie yster in my liggaam het, dan kan dit mos die " gasserige/sooibrand"  gevoel in my keel veroorsaak? En as die GP reg is en dis Lupus? kry ''n mens darem iets wat net die pyn-gedeelte weg vat? ek het bietjie gaan lees daaroor en dit klink nie so erg nie. Dit sal die " blou kolle"  wat ek gereeld kry en dalk selfs die " iodine"  allergie van hierdie jaar verduidelik!

Die GP wil reel dat ''n Internis my opneem en allerhande biopsies en weer onnodige toetse doen. kan Doc dalk help met bietjie inligting sodat ek nie onnodiglik hosp of toetse moet ondergaan nie?

Dankie Doc,
soos altyd  )

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Ek dink mens moet net al die toetse wat jy reeds gehad het se uitslae saam neem na die internis toe. Onthou net, partykeer moet mens maar soek tot die prentjie mooi duidelik word, so die toetse is nooit verniet nie, selfs 'n negatiewe toets het baie waarde om by die oorsaak van die probleme uit te kom. Het jy al besluit na watter internis jy gaan?
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-09-30

Hallo Cornel
Ek dink mens moet net al die toetse wat jy reeds gehad het se uitslae saam neem na die internis toe. Onthou net, partykeer moet mens maar soek tot die prentjie mooi duidelik word, so die toetse is nooit verniet nie, selfs 'n negatiewe toets het baie waarde om by die oorsaak van die probleme uit te kom. Het jy al besluit na watter internis jy gaan?
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement