advertisement
Question
Posted by: Lala | 2010-08-27

Heupvervanging

81 Jarige het heup gebreuk 16 Julie- Eers 29 Julie geopereer agv komplikasies, nierversaking waarvoor sy dialise gekry het. Middel Augustus ontslaan. Sy nog in rolstoel maar begin elke dag meer stap met loopraam maar meeste van die tyd nog in bed. Sy het die afgelope week 2 keer vlou geword (baie natgesweet) maar het weer self reggekom na bietjie suikerwater. Wat kan die oorsaak wees? Sy gebruik die volgende meds : Tareg, Eltroxin, Cardura. EK het ortopeed met opvolg ingelig hy het toe bloed getrek om nierfunksie te toets en sou laat weet as daar probleme is maar hy het niks laat weet. Baie dankie vir u raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lala

Die rede vir haar floutes kan wees as gevolg van nierversaking of ongekontroleerde bloeddruk of weens teroied hormoon abnormaliteit. Ek stel voor dat jy haar na haar huisdokter vir die nodige bloedtoetse en suiker toleransie toetse neem, om sodoende vas te stel wat die rede vir haar skielike floute was.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement