advertisement
Question
Posted by: LWV | 2009/02/18

Herstel na Operasie

Hallo Dr,

Ek het gister ' n vraag gevra oor Zentel. Ek wil graag weet hoe lank mens neem om te herstel na so ' n operasie soos ek gehad het (i.e. verwydering van ' n hydia sist vanaf long deur die ribbekas. My sist was so groot soos tennisbal). Die torak spesialis het my gesê  die operasie herstel tyd is so 6 weke (ek is nou in my 4de week) en die long sal ' n hele ruk neem voor dit weer op vol kapasiteit kom. Ek wil graag weet:
1. Wat beteken " operasie herstel tyd" ? Wat moet al kan doen na 6 weke? Geen pyne en steke of moeilik lag, hoes, nies en opstaan nie?
2. Groei die long weer terug na sy oorsponklike vorm? Daar is nie ' n stuk van long afgesny, die sist is net uitgesny.

Ek vra die vrae hier, want my spesialis is ver van my af en toe ons laas gepraat het was ek redelik in pyn en het nog nie aan al die dinge dink nie. Hy het wel my my laaste besoek (2 weke terug) gesê  die long ventileer en klink goed en ek sal heeltemal herstel. Dis net dat gewoonlik teen die einde van die dag raak ek nog moeg en die seerplekke nogal teer...is dit normaal?

Dankie,
LWV

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo LWV
ja ek dink ook dit sal so 6-8 weke neem - jy kan dalk nog seer hê as jy hoes lag en nies, en jy sal nie alles kan doen wat jy voor die operasie kon doen nie vir tot 3 maande (soos swaar motorhuis deure oopmaak en so aan nie), maar die weefsel sal aangegroei wees en jy mag alles doen soos kar bestuur, goed optel ensovoorts (binne perke - nou nie te swaar goed nie) Die long groei nie terug nie, so jy sal altyd op 'n x/straal die merk kan sien, maar die res van die long sal opmaak vir die stukkie wat beskadig is. Dit is nog normaal dat jy moeg word en seer het oor die snyplekke.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement