advertisement
Question
Posted by: Zelna | 2012/06/20

Help my so bietjie

Ek was 129kg laas jaar en het in tussen 40 kg verloor maar vir die afgelope 4 maande staan ek stil. Ek het my oefen program verander, my voedsel inname verminder (maar nog steeds gesond) Wat doen ek verkeerd? Oefen Program tans: Maandae: Cardio en 1/2 uur circuit training, Dinsdae: Pilates, Woensdae: Stability Ball of weer Circuit training, Donderdae en Saterdae Oggend Spinning. My voedsel inname is ''n baie yogurt in die oggend, en 1 vrug, lunch tyd ''n protien shake en 1 vrug en weer so by 3 uur ''n piesang en aandete gewone bord kos - klein porsies en so gesond moontlik. Ek vervang die protien shake so nou en dan met ''n slaai of health broodjie of musli (op my bederf dae - is mal daaroor).

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Zelna
Jy is 'n wonderlike ***Ster*** om 40 kg te verloor op so 'n verstandige manier. Die menslike liggaam probeer altyd om 'n balans te handhaaf. Indien jy te min kos inneem, is dit moontlik dat jou liggaam jou gewigsverliesmeganismes afskakel om 'verhongering' te verhoed. Ek sal aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit sal wenslik wees as die dieetkundige jou huidige voedselinname evalueer om te bereken of jy nie dalk te veel of te min kJ inneem nie en dan jou dieet so aanpas dat jy weer kan begin verloor, maar tog nog 'n gebalanseerd dieet inneem. Probeer om een dag per week bietjie meer aërobiese oefening soos touspring, hardloop of fietsry te doen, om te sien of jy jou metabolisme kan stimuleer sodat jy weer gewig kan verloor.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Zelna | 2012/06/21

Hi Ida

Dit het eintlik so perongeluk gebeur. Ek het ''n baas by my werk gehad wat die lewe vir my hel gemaak het, en net om bietjie van die stres onslae te raak het ek begin gym. Sodra jy begin gym, begin jy automaties ''n meer gesonde leefstyl aankweek en omrede ek maar ''n kompiteerende persoonlikheid het, het ek probeer om elke dag bietjie beter as die vorige dag doen en ek het dit so geniet. Dit was in die winter waar jy baie klere dra en toe ek my somer klere weer wil dra het dit letterlik van my lyf af geval. Die lekkerste was toe ek agterkom ek dra nou ''n size 16 waar ek altyd ''n size 24 gedra het.

Gaan apteek toe vir jou insulien probleem en as jy cravings het, probeer bogrondse neute, gedroogte vrugte, popcorn en winegums. En as jy kan kry vir jou iemand wat saam met jou kan oefen, verkieslik iemand wat beter is as jy (ek het my dogter gebruik), dis ''n goeie aansporing Sterkte vir jou.

Reply to Zelna
Posted by: Ida | 2012/06/20

Shoe Zelna, ek beny jou. Ek is huidiglik presies waar jy was laas jaar. My probleem is dat ek hoe bloeddruk het en sukkel om iets te kry wat help met eetlus ens. Dan is ek insulien weerstandig ook. Wat het jy gedoen om so baie gewig te verloor? Sal waardeer as jy bietjie raad kan gee
dankie
Ida

Reply to Ida
Posted by: Zelna | 2012/06/20

Miskien moet ek net by noem dat ek 42 jaar oud is.

Reply to Zelna
Posted by: DietDoc | 2012/06/20

Beste Zelna
Jy is 'n wonderlike ***Ster*** om 40 kg te verloor op so 'n verstandige manier. Die menslike liggaam probeer altyd om 'n balans te handhaaf. Indien jy te min kos inneem, is dit moontlik dat jou liggaam jou gewigsverliesmeganismes afskakel om 'verhongering' te verhoed. Ek sal aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit sal wenslik wees as die dieetkundige jou huidige voedselinname evalueer om te bereken of jy nie dalk te veel of te min kJ inneem nie en dan jou dieet so aanpas dat jy weer kan begin verloor, maar tog nog 'n gebalanseerd dieet inneem. Probeer om een dag per week bietjie meer aërobiese oefening soos touspring, hardloop of fietsry te doen, om te sien of jy jou metabolisme kan stimuleer sodat jy weer gewig kan verloor.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement