advertisement
Question
Posted by: Yutame | 2010-06-17

help!!!! my kop wil bars en ek kan nie slaap nie.

Aseblief help! Ek is 35. Ek was vir 6 weke in die hospitaal met encephalitis en allerhande ander komplikasies. Hulle het elke aand vir my sterk pyn medikasie in my drip gesit en vir my ''n slaap pil gegee.

Nou is ek al vir twee maande by die huis en ek kan nie in die aande slaap nie. Ek het ''n doktersvoorskrif vervals en ''n pakkie stilnox by ''n ander apteek gekry. Nou is die pille klaar en ek kan nie in die aande aan die slaap raak nie. Die Dokter het vir my Tramal huistoe gegee en dit is ook lankal klaar. Mypredol en Brufens werk nie. Ek is doodmoeg by die werk, bewerig en sukkel om te konsentreer. Ek kan maklik weer dieselfde doen, maar ek is bang ek word uitgevang ek kan nie met my gewete saam leef nie.

Ek voel skuldig, ek is angstig, moedeloos en despiraat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Yutame
Moet liewer nie "onwettig" middels in die hande probeer kry nie - as jy uitgevang word, word jy op 'n swartlys geplaas. Het jy al jou GP/neuroloog weer gekontak en laat weet dat jy sukkel met slaap en chroniese pyn? Dit mag help om 'n lae dosis Trepilene (25mg) te neem - dit is 'n antidepressant wat baie goed werk vir chroniese pyn toestande want dit verander die manier wat jou brein neurologiese pyn ervaar (maak jou minder pyn sensitief)Trepilene laat jou ook slaperig voel en normaliseer jou slaap ritme oor die lang duur. Ek verkies dit bo slaap pille, wat geneig is om verslawend te wees. Praat asb met jou dokter daaroor en kry 'n voorskrif. Jy kan dit met veiligheid vir 'n paar maande gebruik en jouself dan geleidelik daarvan speen. En jy hoef nie skuldig te voel oor jou simptome nie - maar kry hulp so gou moontlik.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: anon | 2010-06-18

Probeer Valerian - dit is n kruiemiddel en het al baie goed vir my gewerk - dit is ook nie addictive nie. Jy kan Calmettes Night kry, dit bevat Valerian.

Reply to anon
Posted by: Cyberdoc | 2010-06-17

Hallo Yutame
Moet liewer nie "onwettig" middels in die hande probeer kry nie - as jy uitgevang word, word jy op 'n swartlys geplaas. Het jy al jou GP/neuroloog weer gekontak en laat weet dat jy sukkel met slaap en chroniese pyn? Dit mag help om 'n lae dosis Trepilene (25mg) te neem - dit is 'n antidepressant wat baie goed werk vir chroniese pyn toestande want dit verander die manier wat jou brein neurologiese pyn ervaar (maak jou minder pyn sensitief)Trepilene laat jou ook slaperig voel en normaliseer jou slaap ritme oor die lang duur. Ek verkies dit bo slaap pille, wat geneig is om verslawend te wees. Praat asb met jou dokter daaroor en kry 'n voorskrif. Jy kan dit met veiligheid vir 'n paar maande gebruik en jouself dan geleidelik daarvan speen. En jy hoef nie skuldig te voel oor jou simptome nie - maar kry hulp so gou moontlik.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement