advertisement
Question
Posted by: Cecilia | 2008/11/21

Help my asb

Liewe Dokter Bets,

Ek het reeds al vir dok n brief geskryf ivm my vagina wat nie kon ophou brand nie. Ek het sover al 5 dokters gesien, waarvan 2 ginekiloee is. (Verskoon my spelling)

Ek was Maandag by n ginekiloog wat my toe getoets het vir enige infeksies. Hy het n papsmeer gedoen en n " swab"  van die buitenste areas gevat. Die toets resultate het skoon teruggekom en hy vertel vir my dat dit in my kop is! Hy verwag dat ek moet positief bly en kalmeer, maar na twee maande vind ek dit bietjie moeilik.

Ek het al soveel produkte gebruik. Vanaf rome tot pille. Die rome sluit in Canesten, Medaspor, Hidro Kortisoon, Maxaderm tot en met Bepanthen vir babas. Die brand is weg, maar oral op die buitenste vel van my vulva is daar prikkels. Ek was my skoon water, dra net katoen onderklere. My urine brand my ook. Ek het ook nie n urienweg infeksie nie. Huidiglik gebruik ek geen rome nie want dit irriteer daardie area so baie. My stresvlakke is teen die dak.

Dok, ek is 22 jaar oud en ek wil my lewe terug he. My geldsake lyk sleg na al die dokters wat ek gesien het. Dit voel nie asof hulle eintlik omgee nie, en soek net verskonings omdat hulle nie weet wat is fout met my nie. My arme ma en pa is ook al moedeloos. Ek kan met alle eerlikheid se dat ek al beter voel, maar dit los my net nie. Is ek dalk te bewus van wat daar onder aangaan? Is dit my verbeelding? Ek begin al wonder of ek nie n dermatoloog moet gaan sien nie.

Dankie dok. Lekker dag.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cecilia

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit is moontlik dat jy te higienies in daardie area is. Ek stel voor dat jy Fissan paste aansmeer vir die branderige gevoel in die vulva. Jy kan ook jou apteker vir Aterex tablette vra wat ook vir die jeuk/brand gevoel sal help. Om te stort is ook 'n beter opsie en moenie enige seep of emoliete (enige rome, olies ens) in daardie area gebruik nie.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cecilia | 2008/11/21

Kan die prikkels wees dat ek besig is om gesond te word? Ek wil nie meer so stres nie. Dit voel asof my hele lewe n straf geword het.

Reply to Cecilia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement