advertisement
Question
Posted by: Anna | 2010/06/17

Help asseblief

Van verlede jaar af het ek meer dokters gesien as ooit te vore. En almal se dieselfde angs. Wat ek wil weet is hoe kan angs al die simtome veroorsaak. Ek kry gereeld ''n mes steek pyn boonste gedeelte van arm, ek voel hoe my hart slae mis en ongereeld klop, ek kry ook gereeld ''n pyn tussen my borste, pyn tussen my ore en kakebeen party keer voel dit erger as ek kou, Dan kry ek ook steek pyn tussen my " shoulder blades" of net op die linkerkant. Dit is nie pyn wat ure duur nie net so paar sekondes. En die skipped hartklop kom en gaan. Party keer voel ek ook lighoofdig en seer nek was by spesialis en het my gediagnoseer met hppv ek dink. Was ook desember by hartspesisialis het ekg rustende en stress gedoen en ek is daar uit met Slow mag.
Wat ek wil weet ook as daar iets fout was sou hulle dit met ekg kom op tel of is daar nog toetse wat gedoen moet word. Ek is 33 ''n roker en my pa is op 44 oorlede aan hartaanval.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anna
Alhoewel angstigheid ook fisiese simptome kan veroorsaak, is dit belangrik om te soek vir moontlike ander oorsake. As jou rustende en stress EKG normaal is, en jou cholesterol is normaal, kan jy aanvaar dat daar nie tekens van ischemiese hartsiekte of hart aritmie is nie. Jy moet egter maar elke 2 jaar of so vir cholesterol en EKG gaan omdat jy rook. Die pyn tussen jou oor en kakebeen kan inflammasie van die TM gewriggie wees - jy kners dalk op jou tande as jy slaap - baie mense doen dit onbewustelik. Anti-inflammatoriese middels soos Neurofen sal daarvoor help. Spierspasma in die nek en bo rug kan chroniese hoofpyn en nekpyn en selfs verwysde pyn in die bors of arm veroorsaak. 'n Fisioterapeut sal vir jou kan kyk of jy wel spierspasmas of snellerpunte in die rug het. Jy kan ook Norflex Co neem daarvoor.
Algemene fisiese simptome van angstigheid sluit in:
Hartkloppings, sweet, omgekrapte maag, duiseligheid of suising in die ore, dikwels urineer, kortasem of benoudheid, hoofpyn, moegheid, slapeloosheid
Toets bietjie jouself op
www.drhansdreyer.com/questionnaires/gad.php?lang=Afr
Wat jy kan probeer vir spasmas is fisioterapie, vra ook die fisio om jou oefeninge te wys wat jy kan doen om jou skouers en nek se spiere te ontspan. Dit mag help om 'n bytplaatjie by jou tandarts te kry om in die nag te dra om die TM gewriggie te laat rus.
As jy wel positief toets vir angstigheid, kan jy iets soos Aropax 1 per dag neem vir 3 maande ( voorskrif nodig)

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Marina Naude | 2015/11/30

Ek het 'n bo-been amputasie en het al vir 3 dae erge pyn in die bo-kant van die been. Dit is soos spasmas. Wanneer ek drukking op my been sit of masseer is dit stil en sodra ek die been los, pyn dit weer baie. Celebrex help soms maar die keer hou die pyn net aan. Soms is dit geassosieer met baie koue of reen in die lug. Help asseblief. Groete Marna

Reply to Marina Naude
Posted by: Anonymous | 2015/05/11

Ek sit al n geruime tyd met pyn wat hulle se is my tm gewrigie het al reeds celebrex gerink maar die pyn is nogsteeds daar, ek het selfs n bytplaatjie gekry wil graag die pyn weg he maar weet nie meer wat om te gebruik nie die pyn is soos n brandende gevoel en ongelooflik seer enige raad asb dankie

Reply to Anonymous
Posted by: ulanda | 2014/08/14

Ek was vir 2 weke op antibiotika vir infeksie in die ligaam,my eenkant van my gesig en ore is pynlik my kliere agter oor en onder kaak ook seer voel of ek verkoue het en het spasma in my nek en is bietjie geswel hul se dit is my verstand tande

Reply to ulanda
Posted by: pieter massyn | 2013/09/16

van 2012 kry ek meer brongitus as vanaf ek rook gelos het ek werk by n plek waar baie gas dampe voor kom wanneer seisoene verander kry ek brongitus van 2012 november tot 30 augustus 2013 was ek 3 keer in die hospitaal en7 keer af geboek wat ek vinnig herstel by die huis . nou kry ek n nek pasma wat my benoud maak hul se angsbevage , stres alles op een slag nou na 6 dae is dit vir week die nek jy loop en bid ,sit hiul terwyl jy vir die HERE vra wat het jy verkeerd gedoen jy dink aan self moord dan dink jy weer DIE HERE SPYKERS IN SY HANDE EN VOETE . WAT IS DIE SEER ..Dan dink jy die werk gaan jou weg jaag MENSE HELP TOG dokters gee pille maar na 3 ure skrik jy wakker dan voel jy kry nie asem nie . pyn is ni lekker ni

Reply to pieter massyn
Posted by: anon | 2010/06/18

Ek stel voor jy besoek n chiropractor - jy sal verbaas wees wat alles n rug & /of nekprobleem kan veroorsaak.

Reply to anon
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/17

Hallo Anna
Alhoewel angstigheid ook fisiese simptome kan veroorsaak, is dit belangrik om te soek vir moontlike ander oorsake. As jou rustende en stress EKG normaal is, en jou cholesterol is normaal, kan jy aanvaar dat daar nie tekens van ischemiese hartsiekte of hart aritmie is nie. Jy moet egter maar elke 2 jaar of so vir cholesterol en EKG gaan omdat jy rook. Die pyn tussen jou oor en kakebeen kan inflammasie van die TM gewriggie wees - jy kners dalk op jou tande as jy slaap - baie mense doen dit onbewustelik. Anti-inflammatoriese middels soos Neurofen sal daarvoor help. Spierspasma in die nek en bo rug kan chroniese hoofpyn en nekpyn en selfs verwysde pyn in die bors of arm veroorsaak. 'n Fisioterapeut sal vir jou kan kyk of jy wel spierspasmas of snellerpunte in die rug het. Jy kan ook Norflex Co neem daarvoor.
Algemene fisiese simptome van angstigheid sluit in:
Hartkloppings, sweet, omgekrapte maag, duiseligheid of suising in die ore, dikwels urineer, kortasem of benoudheid, hoofpyn, moegheid, slapeloosheid
Toets bietjie jouself op
www.drhansdreyer.com/questionnaires/gad.php?lang=Afr
Wat jy kan probeer vir spasmas is fisioterapie, vra ook die fisio om jou oefeninge te wys wat jy kan doen om jou skouers en nek se spiere te ontspan. Dit mag help om 'n bytplaatjie by jou tandarts te kry om in die nag te dra om die TM gewriggie te laat rus.
As jy wel positief toets vir angstigheid, kan jy iets soos Aropax 1 per dag neem vir 3 maande ( voorskrif nodig)

Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement