advertisement
Question
Posted by: jess | 2009/01/13

help asseblief

Goeie dag Dokter,
Kan u asseblief aan my verduidelike wat is murale trombus is dit ernstig wat is die behandeling daarvoor ens? Wat kan ek gebruik vir lae beendigtheid. Ek is 54 jr oud het ' n aorta aneurisme 33 x35mm in deursnit totale lengte is 54 mm. Die aneurisme betrek nie die iliaca vate of renale vate nie.Veder het ek hoë  cholostrol en ' n onder aktiewe skildklier.Wat kan ek doen om my gewig af te kry ek weeg nou 65 kg en is 1.65m lank. Byvoorbaat dankie . Jessie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jessie
'n murale trombus is 'n bloedklont wat aan die kant van 'n bloedvat vassit. 'n Aneurisme lyk mos soos 'n ballon en daar waar die bloed stadiger vloei aan die kante vorm dan 'n bloedklont. Dit kan klein stukkies laat afbreek wat in kleiner bloedvate kan vassit, so dit word baie keer verwyder of 'n stent word in die aar oor die area van die aneurisme ingesit.
Jou gewig is normaal vir jou ouderdom en lengte so jy hoef nie gewig te verloor nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement