advertisement
Question
Posted by: Gerhardt | 2010/01/23

Help asb. - Onderhoud

My ex wil R1200 onderhoud hê , ek betaal tans R800 per maand vir my kind, ek verdien R4000 per maand voor aftrekikings. Ek het my kind 2 jaar laas gesien en het nie ' n idee waar hy is nie, want sy ma trek so baie en laat weet my nie waar hul is nie, ek moes ' n beskermings bevel teen haar kry omdat sy my lewe hel gemaak het met oproepe en dreigemente. Sy bel elke maand van die 24ste af my werk en sê  my kind is in die hospitaal om vinniger meer geld uit my te kry, maar ek kry eers die laaste dag van die maand geld. Ek het nie meer raad nie, ek moet einde Feb 300km ry vir die onderhoud saak en ek kan dit nie bekostig nie, wat kan ek doen?

Groete
Gerhardt

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageFamily law expert

Onderhoud

Daar moet gekyk word na die behoefte van die minderjarige kind en dan na jou finansieele posisie.

Jy betaal onderhoud vir die kind van R800 pm maar wil die ma nou R1200 pm vir die kind he.

Die hof gaan sekere faktore in ag neem soos bv:

a)Wanneer laas was daar ‘n onderhoudsverhoging;
b)Wat is die behoefte van die kind (Hoe ouer die kind word hoe groter raak sy finansieele behoefte;
c)Die party wat onderhoud betaal se finansieele vermoe om onderhoud te betaal.

Indien die hof tevrede is dat hier ‘n behoefte is vir die verhoging in onderhoud dan sal so ‘n bevel toegestaan word.

Die vraag of die ma die kind kan weerhou van jou, is my anwoord op die vraag, onder geen omstandighede nie. 'n Pa mag ook nie onderhoud van die moeder weerhou agv die feit dat die moeder die kind van hom weerhou nie en dan ook “vise versa”. Derhalwe kan jy hier kapsie maak teen die moeder en verder indien daar nog ‘n egskeidingsbevel is wat sekere toegangsregte bevestig, kan sy krimineel vervolg word op grond van die nie nakoming van ‘n hofbevel. In dieselfde asem gese, moet jy ook aantoon dat jy alles moontlik gedoen het om in aanraking te kom met die minderjarige kind.

Bertus Preller
www.divorceattorney.co.za

Die vraag rontom die bywoning van die onderhoudshof verrigtinge, moet ongelukkig bygewoon word. Die enigte manier is as die partye voor die tyd kan skik of op ‘n bedrag onderhoud kan ooreenkom, dank an sodanige skikking ‘n bevel van die hof gemaak word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Margaret | 2016/01/25

Good day I would ike too find out my son's father is living in Ladysmith and I live in Gauteng the father haven't seen his child in 3 years don't even call. What I want too know is can I sue him for maintence cause I can't afford it on my own any more.

Reply to Margaret
Posted by: Anonymous | 2015/08/03

Goeie Middag Ek wil graag weet veronderstel jou kind is woonagtig by sy ouma en sy ma moes kom werk het in Kaap om die kind te onderhou.Kan die ma onbevoeg verklaar word as sy kom werk het omdat sy nie werk kry in Noord Kaap. Die pa betaal geen onderhoud nie en as die kind by hom kuier dan gee hy ook nogsteeds die kind niks nie en wil ook nie weer die kind terug gee aan die ma nie. Hy drink en die kind is nie in 'n goeie welstand as die ma daar kom nie mag hy in so opsigte geweier word om nie die kind te sien nie.

Reply to Anonymous
Posted by: Mariette | 2010/02/11

Hi ek wil die pa gaan dagvaar vir meer onderhoud(gee r300 op die oomblik)Hulle weier enige persoonlike inligting van my so ek het geen inligting.Die kind is 12jaar oud maar die vader se hy kan net R300 bekostig.Hy het twee ander kinders maar gee al van 7jaar terug vir my R300

Reply to Mariette
Posted by: Family law expert | 2010/01/25

Onderhoud

Daar moet gekyk word na die behoefte van die minderjarige kind en dan na jou finansieele posisie.

Jy betaal onderhoud vir die kind van R800 pm maar wil die ma nou R1200 pm vir die kind he.

Die hof gaan sekere faktore in ag neem soos bv:

a)Wanneer laas was daar ‘n onderhoudsverhoging;
b)Wat is die behoefte van die kind (Hoe ouer die kind word hoe groter raak sy finansieele behoefte;
c)Die party wat onderhoud betaal se finansieele vermoe om onderhoud te betaal.

Indien die hof tevrede is dat hier ‘n behoefte is vir die verhoging in onderhoud dan sal so ‘n bevel toegestaan word.

Die vraag of die ma die kind kan weerhou van jou, is my anwoord op die vraag, onder geen omstandighede nie. 'n Pa mag ook nie onderhoud van die moeder weerhou agv die feit dat die moeder die kind van hom weerhou nie en dan ook “vise versa”. Derhalwe kan jy hier kapsie maak teen die moeder en verder indien daar nog ‘n egskeidingsbevel is wat sekere toegangsregte bevestig, kan sy krimineel vervolg word op grond van die nie nakoming van ‘n hofbevel. In dieselfde asem gese, moet jy ook aantoon dat jy alles moontlik gedoen het om in aanraking te kom met die minderjarige kind.

Bertus Preller
www.divorceattorney.co.za

Die vraag rontom die bywoning van die onderhoudshof verrigtinge, moet ongelukkig bygewoon word. Die enigte manier is as die partye voor die tyd kan skik of op ‘n bedrag onderhoud kan ooreenkom, dank an sodanige skikking ‘n bevel van die hof gemaak word.

Reply to Family law expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement