advertisement
Question
Posted by: Charlene | 2010/09/09

Help asb met my dogter

Ek het al voorheen oor my dogter hulp gevra, maar niks het verander nie, dit raak net erger. Sy is nou 18 jaar oud. Ek is op ''n stadium wat ek nie meer kan of weet wat om te doen nie. Ek weet nie eintlik waar om te begin wat sy al alles aangevang het nie. Ek kan begin by haar geskiedenis as jong kind, sy was nog in die laerskool en het toe al begin steel van my en my man (sover ek weet darem nog nie van ander mense nie). Sy het baie geld uit ons beursies uit gesteel, en dit was nie dat sy nooit geld gekry het nie, sy het elke maand sakgeld gekry, ons het nooit iets van haar weerhou nie. Sy het haar hele lewe lank mense (tot haar vriende wat al hoeveel maal by my kom kla het) verskriklik gemanipuleer, kan sulke leuns vertel dat die hele wereld haar glo en jammer kry. Sy speel absoluut op mense se gevoelens om haar sin te kry. Sy het al vir beide my en my man geslaan, sy vloek op ons en behandel ons of ons net mooi niks is nie. Haar hele wereld draai om haar en sy sal alles in haar vermoe doen om haar sin te kry. Ek en my man het ons kinders in ''n Christelike huis groot gemaak, baie liefde en aandag gegee en nooit pak gegee nie. As ek maar een voorbeeld kan noem van hoe seer sy ons al gemaak het: Sy raak aanmekaar obsessief verlief op een of ander seun dan sal sy enigiets doen om hom in die hande te kry. Een Vrydag aand toe kom kuier haar vriendin by ons en sy het weer op my begin skree en neerhalend praat voor haar vriendin. Sy het toe die naweek by vriende gaan kuier en ek het haar gebel en met haar oor haar houding gepraat. Ek het ook vir haar gese ons gaan haar straf en haar selfoon vir ''n week wegneem. Sy was ongelooflik kwaad vir my want dit het beteken dat sy dan vir ''n week nie met die nuwe " boyfriend"  kan praat nie. Toe sy die Maandag by die huis kom het ek kalm en rustig met haar gepraat en vir haar gese ons gaan die selfoon wegneem as straf waarby sy op my begin vloek en skree het. ''n Uur later het ek na haar kamer gegaan om weer met haar te probeer praat waarby ek gesien het sy het deur die venster geklim en weggeloop. Sy het reguit na die nuwe " boyfriend"  geloop en lekker vir die heel dag daar gaan sit en kuier. Ek het onmiddellik my man gebel en hy het van die werk afgekom waar ons die heel dag rondgery en bel het om haar te soek. Toe ons haar uiteindelik die middag opspoor (ons het nie haar vriende of boyfriend se -|- ak nommers gehad nie want sy weier om dit vir ons te gee) en vir haar vra of ons haar moet kom haal en of sy gaan huis toe kom was sy nog steeds baie aggressief. Sy het weer begin stories opmaak en hierdie keer was haar stories so erg dat die mense die polisie uitgekry het. Sy het bv. aan hulle vertel ons mishandel haar, trek haar in haar hare in die gang af, ek kan nie eens vir julle alles vertel wat sy aan hulle gese het nie. Die polisie het agtergekom iets is hier nie pluis nie en het ons ook ge -|- ak en kom sien die aand. Hulle het ook agtergekom dat sy besig was om leuens te vertel. Toe ek aan hulle vertel het hoeveel maal sy al weggeloop het, sy weier om verder skool te gaan, sy is die een wat vir my en my man slaan en uitvloek, en die lys gaan aan... Wat sy probeer doen het was om my en my man in so ''n slegte lig te stel sodat sy by haar " boyfriend"  kon gaan bly. Sy was bereid om so ver te gaan om my en my man in die tronk te laat beland sodat sy by haar " boyfriend"  kon wees. Sy raak op elke boyfriend obsessief verlief en vee almal uit haar pad uit om haar doel te bereik. Sy het vir die vorige een kaal foto''s van haarself gestuur en ons moes net keer dat die foto''s nie verder rondgestuur word nie. Sy skep onder andere ook vals profiele op chatrooms en reel dan om die mans skelm te ontmoet. Ek het gelukkig elke keer voor die tyd daarvan uitgevind en dit dan gekeer. Ek het ook al van die vieslikste pornografie op haar selfoon gekry. As ek haar daarmee konfronteer weet sy eweskielik nie waarvandaan dit kom nie. Sy het ook al haar maats gedreig dat sy hulle iets gaan aandoen as hulle net met haar " boyfriend"  praat. Dit was so erg dat hulle ons kom sien het want hulle was bang na die goed wat sy vir hulle gese het. Sy werk nie, wil nie werk nie, slaap tot 11 uur die oggende en die res van die tyd sit sy voor die tv. Dit help nie ek praat nie mooi nie, niks help nie. Ek het na die polisie episode vir haar onmiddellik na ''n sielkundige geneem en hy het haar verwys na ''n psigiater. Die psigiater het bipoler by haar gediagnoseer en haar o.a. op Risperdal gesit. Die Risperdal het nie met haar geakkodeer nie en sy was nou al op baie ander pille. Om eerlik te se daar is geen verandering in haar al is sy op die pille nie. Ek en my man is absoluut gedaan en voel ons kan nie meer nie, sy hou net nie op nie. Ons het ook uitgevind sy het vir die psigiater gejok sy het vir hom vertel sy hoor stemme wat se sy moet met bloed teen haar kamer muur goed skryf. Sy het al vele vriendskappe opgebreek en veroorsaak dat baie mense baklei het a.g.v. haar skinderstories en nonsens gepratery. Ek en my man moet maar elke keer haar uit die gemors uit kry en ons is moeg en kan nie meer nie. Sy het ''n ander keer soveel onwaar skinderstories onder die vroue in my buurt vertel dat die klomp die een aand hier aangekom het. Die hele spul het later hier onder mekaar ingeklim as gevolg van die dinge wat sy gese het, en wat het sy gedoen, sy het alleen in die tv kamer gesit en lag vir alles. Sy is nie met dwelms deurmekaar nie, sy was ook nog nooit blootgestel aan okkultisme nie. My familie dink nou al sy is besete. Ek weet werklik nie meer wat om te doen nie, want daar is nou weer ''n nuwe " boyfriend"  en ons is besig om al weer dieselfde paadjie te stap. Ek het nou al begin dink my kind is ''n psigopaat, want sy voel absoluut niks vir ander nie en haar hele lewe draai net om haarself. Sy sal absoluut uit haar pad gaan om enigiemand wat in haar pad kom te verwoes om haar doel te bereik. Ek het al vir die sielkundige gese sy gaan my nog liggaamlike leed aandoen as sy nie haar sin kry nie. Sy gooi aanmekaar voor ons kop sy is 18 en kan doen wat sy wil en nou moet ons as gesin deur absolute hel gaan want sy luister nie na ons nie en gaan maar op haar ou trant aan. Ek is so lief vir my kind, maar sy voel absoluut niks vir ons nie, wat moet ek doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Phew ! A 1300 word question ! This may be a record ! Sorry to comment on that, but this is a really long message to digest.
I wonder whether the psychiatrist she saw was misled by her lies into diagnosing some sort of psychotic illness, and thus a treatment for that - which would not help at all, as nothing you describe sounds in the least like a psychotic illness.
Frankly, from your description, she has a malignantly unpleasant severe personality disorder, perhaps Sociopathic Personality Disorder, and in addition she's a spoilt brat.
I agree with the others - if she wants to claim the advantages of adulthood at 18, she must accept the responsibilities, too.
Rad up about Tough Love, and start practising it. NO further internet acess nor cell-phone time or any other luxuries whatsoever until she can pay for it herself from WORK. If she steals anything from you or the house, call the police and lay criominal charges against her, having explained clearly to her, in advance, that this is what will happen. Give her a couple of months at most, to get a job and to move out to her own place, and to pay for that, and everything else she needs, herself.
THis will be very difficult for you as you love her so much, but she has been blatantly abusing your love. You must learn to love her in a distant way, that requires her to behave like a responsible and loving adult, or accept the consequences of misbehaving. You have been doing far too much for her, encouraging her to do far too little for herself or for anyone else.




The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: koos | 2010/09/10

skop haar gat uit jou huis uit en laat sy self sien kom klaar,sys 18 en dit is seker nie meer nodig om haar te dra nie!

Reply to koos
Posted by: Liza | 2010/09/09

Ek moet met Kate saamstem - sy doen hierdie dinge want sy hoef nooit die nagevolge deur te maak nie - julle beskerm haar te veel. Hou op om vir haar sakgeld te gee en laat haar by die kerel gaan bly. Sy sal gou agterkom aan watter kant haar brood gebotter is. As sy julle sleg behandel, verdien sy nie wat julle vir haar gee nie en sy weet dat sy dit nie verdien nie, maar nogsteeds kry - dit gaan haar laat begin glo dat sy alles verdien wat sy wil he. My oudste suster is so - my ma het vir haar alles gegee wat sy wou gehad het. Sy het so ver gegaan om MY goed vir my suster te gee omdat sy ''dit nodig het''. Vandag voel sy dat almal haar altyd moet uithelp. Sy het onlangs by die gym aangesluit, en toe met haar kredietkaart vir ''n klomp sessies betaal met ''n ''personal trainer''. Nou moet my boetie haar kaart afbetaal, want sy kan dit nie bekostig nie. Sy kan ook nie die skoolbus vir haar dogter bekostig nie, so nou moet boetie ook vir dogter skooltoe neem in die oggende. Boetie neem in elkgeval my seun ook in stad toe sodat hy die trein kan kry skooltoe - maar ek moet boetie R400 per maand vir petrol gee daarvoor. My suster help gladnie met petrol nie ''want sy kan dit nie bekostig nie''.

Wil jy he dat jou dogter soos my suster dink?

Reply to Liza
Posted by: Kate | 2010/09/09

She is doing all these things because you guys are allowing it.
Pu her out and let her stay with her bf if she wants to and let her know that she is not allowed to come back once she leaves.
Do not give her money or support in anyway because as she says she is an adult and adults look after themselves.
She is just spoilt, does wrong and then you guys still protect and cover up for her. No wonder she is the way she is, I totally blame the parents for this one.

Reply to Kate
Posted by: Lin | 2010/09/09

Ek voel werklik jammer vir jou.

Soos jy sê . en sy self sê , sy is 18 en kan doen wat sy wil. Sy''s nie meer in die skool nie en wil nie werk nie. " Tough love"  moet nou begin. Julle moenie meer vir haar sakgeld gee nie en ook nie meer vir haar goed koop nie. Sit die internet af. Moenie haar selfoon betaal of lugtyd koop nie. Sy sal moet begin werk EN huur en kos betaal.

Praat ook self met die sielkundige en sê  vir hom wat regtig aangaan. Miskien sal dit beter wees as sy opgeneem word vir observasie.

Reply to Lin
Posted by: cybershrink | 2010/09/09

Phew ! A 1300 word question ! This may be a record ! Sorry to comment on that, but this is a really long message to digest.
I wonder whether the psychiatrist she saw was misled by her lies into diagnosing some sort of psychotic illness, and thus a treatment for that - which would not help at all, as nothing you describe sounds in the least like a psychotic illness.
Frankly, from your description, she has a malignantly unpleasant severe personality disorder, perhaps Sociopathic Personality Disorder, and in addition she's a spoilt brat.
I agree with the others - if she wants to claim the advantages of adulthood at 18, she must accept the responsibilities, too.
Rad up about Tough Love, and start practising it. NO further internet acess nor cell-phone time or any other luxuries whatsoever until she can pay for it herself from WORK. If she steals anything from you or the house, call the police and lay criominal charges against her, having explained clearly to her, in advance, that this is what will happen. Give her a couple of months at most, to get a job and to move out to her own place, and to pay for that, and everything else she needs, herself.
THis will be very difficult for you as you love her so much, but she has been blatantly abusing your love. You must learn to love her in a distant way, that requires her to behave like a responsible and loving adult, or accept the consequences of misbehaving. You have been doing far too much for her, encouraging her to do far too little for herself or for anyone else.




Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement