advertisement
Question
Posted by: Belinda | 2010/06/08

Help asb! Insulien (nuwe vrae op vorige mail)

Hi dok,

Verskeie dokters het op ''''n stadium vir my gesê  dat my hart party keer ''''n slag oorslaan, en hulle het al Ekg gedoen lank terug, maar het gesê  dis nie ernstig nie, en daardie tyd het ek nie so gevoel nie, kan dit wees dat dit dalk vererger het?

Ek het nou net gou by die mediese sentrum my suiker (prik toets) en bloeddruk gedoen. Eerste suiker toets het gewys 1.3 en toe toets hulle dit weer 5 min later en is dit 5.2 en toe weer 5 min later 5.2. Kan dit wees dat my suiker so op en af spring?

My bloeddruk was ook 100/70 (weet nie watter een kom eerste nie).

Sr gaan kyk of sy nie dalk vir my ''''n ekstra masjientjie het sodat ek vir ''''n week elke dag ''''n paar keer kan toets nie.

Dankie vir die raad, ek waardeer dit baie.

Enige verdere raad op die bo-genoemde antwoord?

Groete
Belinda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Belinda
Dalk moet jy tog 'n opvolg EKG laat doen. Ek dink die bloedsuiker toets se eerste lesing was dalk verkeerd en 5.2 is heel normaal so ek dink nie die probleem lê nie by die suiker nie. Jou bloeddruk is nogal laag - kyk of jy Effortil of Akrinor in die hande kan kry om jou bloeddruk te stabiliseer as dit nie gaan bots met enige ander medikasie nie
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Johan | 2010/06/08

Jou hart kan ''n " mis"  gee dit is normaal. Ek kom dit agter as ek my bloeddruk meet. Party mense voel dit.

Reply to Johan
Posted by: Johan | 2010/06/08

As my suiker kliener as 3 is, voel ek sleg. Suiker en bloeddruk gaan die heeldag op en af. Toets suiker in die oggend voor ete en 2 uur na ete. 5.2 is goed. [tussen 4 en 8]
jou bloeddruk van 100/70 is ook goed, amper aan die lae kant, maar goed. 140/90 begin hoog te raak. Bloeddruk moet jy rustig wees as jy dit toets, koop by Clicks R300 tot R800. Google:
Hartmann vervaardiger en Tensoval bloeddruk monitor.
Die suiker meters (Acu-check) kry jy gratis as jy die meetstokkies koop.

Reply to Johan
Posted by: Belinda | 2010/06/08

Ek moet sê  ek voel of sulke wolke voor my oë  is en ek dit wil af
vee, en dan voel ek ook of ek wil in mekaar sak. Ek voel ook die laaste 2 dae baie sleg.

Reply to Belinda
Posted by: L | 2010/06/08

Ek dink dis ''n goeie idee om jou suiker vir ''n week lank te toets.

Maar eet jou ontbyt gewone tyd (wat jy gewoonlik eet) in die oggend en dan 2ure later, doen die suiker toets. Dis gewoonlik na so 2ure wat mens se suiker val (miskien vroeer, maar sodra jy begin sleg voel).

Ek het ook eenkeer so sleg gevoel en toe toets my suiker 1.8 en ''n rukkie later was dit 4.2. So dis moontlik dat joune so kan val. Jy het sekerlik sleg gevoel toe jou suiker so laag was? Mens voel onmiddelik baie sleg as die suiker so vinnig val.

Reply to L
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/08

Hallo Belinda
Dalk moet jy tog 'n opvolg EKG laat doen. Ek dink die bloedsuiker toets se eerste lesing was dalk verkeerd en 5.2 is heel normaal so ek dink nie die probleem lê nie by die suiker nie. Jou bloeddruk is nogal laag - kyk of jy Effortil of Akrinor in die hande kan kry om jou bloeddruk te stabiliseer as dit nie gaan bots met enige ander medikasie nie
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement