advertisement
Question
Posted by: Belinda | 2010/06/07

Help asb! Insulien

Goeie dag,

Ek wil graag weet wat die simptome van Insulien weerstandigheid is. Ek het my bloed glukose laat toets laas week, waar ek glukse drink en hulle bloed trek voor en na dat jy dit gedrink het, maar dit was normaal.

My bloeddruk is soms laag en dus het my dr vir my lae bloeddruk pille gegee, maar het vreeslike migraines begin kry en my ander dr het vir my gesê  dat ek daarmee moet ophou want hy vermoed dat dit die pille is wat my so migraine gee (5 keer in een maand migraine). Na die toets uitslae het ek vir hom gevra of dit die lae bloeddruk kan wees wat my wil laat uitpaas terwyl ek bestuur, ek voel letterlik hoe ek wegraak soms as ek bestuur. Ek ry elke dag 1 uur werk toe en 1 uur terug, en voel dat dit uiters gevaarlik is en dat ek ''n groot ongeluk kan veroorsaak op die snelweg. My dr het vir my gesê  dat ek ''n super c moet eet as dit weer gebeur en kyk of dit daarvoor help want hy dink dit kan dalk my Insulien wees.

wat is die verskille tussen Insulien en diabetes en lae bloedsuiker?

Help asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Belinda
As jou GTT toets (glukose drink toets)normaal was is dit onwaarskynlik dat jy lae bloedsuiker kry of insulien weerstandigheid het. Insulien weerstandigheid beteken jy het genoeg insulien maar jou liggaam reageer nie daarop nie, so jou bloedsuiker is hoog. Diabetes is wanneer jy te min insulien het wat hoë bloedsuiker veroorsaak. Lae bloedsuiker word veroorsaak deur 'n abnormale hoë afskeiding van insulien as jy suiker inneem, wat dan jou bloedsuiker weer baie vinnig laat val. Dit gee jou sweterigheid en bewerigheid.
Ek dink jy moet dalk ook net kyk of jy nie 'n onreelmatigheid op jou hartritme het nie ( met 'n EKG). Die gevoel wat jy kry as jy bestuur kan dalk ook narkolepsie wees - kyk bietjie http://helpguide.org/life/narcolepsy_symptom_causes_treatments.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/05/30

Is 77 jaar oud. Staan op in die oggend met n suiker van 2. Gaan slaap in die aand met n suiker van 2.4. Het totaal en al my balans verloor. Loop met n loopkarrietjie maar val sommer reg agteroor of na die regterkant toe. My cholestrol is hoog maar na ek alles behalwe prada al probeer het affekteer dit my te veel. Moedeloos is ek maar gee nog nie op. Miskien kan iemand my help met raad

Reply to Anonymous
Posted by: Belinda | 2010/06/08

Hi dok,

Verskeie dokters het op ''n stadium vir my gesê  dat my hart party keer ''n slag oorslaan, en hulle het al Ekg gedoen lank terug, maar het gesê  dis nie ernstig nie, en daardie tyd het ek nie so gevoel nie, kan dit wees dat dit dalk vererger het?

Ek het nou net gou by die mediese sentrum my suiker (prik toets) en bloeddruk gedoen. Eerste suiker toets het gewys 1.3 en toe toets hulle dit weer 5 min later en is dit 5.2 en toe weer 5 min later 5.2. Kan dit wees dat my suiker so op en af spring?

My bloeddruk was ook 100/70 (weet nie watter een kom eerste nie).

Sr gaan kyk of sy nie dalk vir my ''n ekstra masjientjie het sodat ek vir ''n week elke dag ''n paar keer kan toets nie.

Dankie vir die raad, ek waardeer dit baie.

Enige verdere raad op die bo-genoemde antwoord?

Groete
Belinda

Reply to Belinda
Posted by: Insulien weerstandig | 2010/06/07

Laat doen ''n toets.

My dokter het net ''n bloedtoets gedoen en dit het duidelik gewys ek is insulien weerstandig. Dit beteken dat as ek nie reg eet nie ek dalk eendag ''n diabeet kan word.

Ek ly ook aan " hypoglycemia" , dis basies lae bloedsuiker. Ek kry ''n aanval waar my bloedsuiker vreeslik val en dan word ek baie bewerig en sweet in my gesig.
Die rede vir dit is as mens suiker eet, dan val jou suiker so 2ure na dit baie, en dan het jy weer ''iets'' nodig om dit op te stoot. Soos byvoorbeeld om ''n Super C te eet wat baie suiker bevat sal jou suiker opstoot en jou beter laat voel.

Maar dis nie die regte ding om te doen nie, die beste is om ''n LAE GI dieet te volg waar jou suiker baie stabiel kan bly.

Maar probeer die Super C en as jy beter voel na ''n rukkie beteken dit dalk jou het lae bloedsuiker

Reply to Insulien weerstandig
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/07

Hallo Belinda
As jou GTT toets (glukose drink toets)normaal was is dit onwaarskynlik dat jy lae bloedsuiker kry of insulien weerstandigheid het. Insulien weerstandigheid beteken jy het genoeg insulien maar jou liggaam reageer nie daarop nie, so jou bloedsuiker is hoog. Diabetes is wanneer jy te min insulien het wat hoë bloedsuiker veroorsaak. Lae bloedsuiker word veroorsaak deur 'n abnormale hoë afskeiding van insulien as jy suiker inneem, wat dan jou bloedsuiker weer baie vinnig laat val. Dit gee jou sweterigheid en bewerigheid.
Ek dink jy moet dalk ook net kyk of jy nie 'n onreelmatigheid op jou hartritme het nie ( met 'n EKG). Die gevoel wat jy kry as jy bestuur kan dalk ook narkolepsie wees - kyk bietjie http://helpguide.org/life/narcolepsy_symptom_causes_treatments.htm
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement