advertisement
Question
Posted by: Colet | 2012/05/24

Help asb

hi doc help my asb
Ek is naar, die kos voel asof dit nie afgaan nie, ek is tot die dood toe moeg en baie kort asem. Kry kort kort koors. Ek kry pyne in my nek maar dit voel nie asof dit in die spiere of die been is nie. Het die heeltyd so dowwe hoofpyn en is baie duiselig.

Kan jy my asb help die dokter wat ek by was weet nie wat is fout nie.

Baie Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Colet

Dit is moontlik dat jy 'n bloeiende maagseer het en ek stel daarom sterk voor dat jy jou dokter vir 'n verwysing na 'n gastroenteroloog vra, sodat 'n gastroskopie en sonar van jou bo-buik gedoen kan word. 'n Bloeiende maagseer kan al jou simptome weens bloedarmoede veroorsaak.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement