advertisement
Question
Posted by: Lynne | 2009-11-10

Help asb

Goeienaand Dokter,

Ek is 33jr oud, het 2 kinders. My pa is onlangs oorlede na ' n kankerhel van amper 16mnde. Ek kyk alleen na ons 2 kinders, my man is selde tuis, maar ons huwelik is sterk.

Die afgelope paar weke kom ek agter dat ek snags erg sweet al is dit nie warm nie en ek het soms lae rugpyn asook ' n pyn aan my linker abdomen. Ek eet nie soos wat mens behoort te eet nie, rook (20 per dag) en drink ongeveer 3 glase wyn per aand.

Vanselfsprekend is ek depressief (nie te erg nie) en emosioneel oor my verlies asook die aanskouing van my pa se pyn en agteruitgang die afgelope 16mnde en die lading om vir die afgelope 3 jaar alleen te kyk na 2 woelige kinders.

Ek het in die verlede al probleme ondervind met my skildklier (ek is baie maer) asook ' n lae ystervlak.

Wat kan die oorsaak wees? Ek neem vitamien aanvullers elke dag maar voel net al slegter en papper. My energie is weg...

Ek ondervind ook probleme met my maag (maagpyn en bewegings wat ek kan sien veral as ek le), sal dit help as ek ' n kamera sluk en gaan vir bloedtoetse soos: volbloed, yster, skildklier, kanker, niere, lewer. Wat nog?

Baie dankie :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lynne
Nagsweet kan 'n teken van onderliggende infeksie wees. Ek dink tog jy moet laat jou dokter 'n Volbloedtelling, ystervlakke, skildkliervlakke toets. Jy het dalk 'n bietjie gastritis (maagslymvlies inflammasie) agv die stress. Jou dokter kan ondersoek en kyk of dit nodig is vir 'n gastroskopie. As jy reaktiewe depressie het na die dood van jou pa, moet jy dalk vir so 3-6 maande medikasie gebruik. Mens het net meer krag en genade as jou gemoed nie so af is nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Santie Steenekamp | 2010-02-18

Ek gebruik Eltroxin 0.1mg vir ' n onderaktiewe skildklier. Ek kom agter ek tel gewig op, my hare val uit, my vel is baie droog, ek is baie moeg en sit en slaap by die werk. Kan dit die Eltroxin wees wat dit veroorsaak dat ek so moeg is en gewig optel ens.

Baie dankie

Reply to Santie Steenekamp
Posted by: beverley | 2009-11-20

Help asb. My ma is 73 jr oud en is o.a. ' n paar jaar gelede gediagnoseer met onderaktiewe skildklier (dis ' n familie kwaal). Sy neem daagliks Eltroxin .5 en 1mg. Huisdokter sê  haar toetse is 100%, maar sy het GEEN energie, sy voel tam en futloos,kan nie slaap, is angstig en konsentreer nie/val jou in rede in gesprek . In teendeel is was sy tot onlangs aktief, vol geesdrif en het gereeld gaan stap. Nou het sy lus vir niks en niemand. Sy het ook ander kwale waarvoor sy medikasie gebruik, hoë  bloeddruk, asma, diabetes wat onder beheer is en neem senuwee medikasie en bloedverdunningsmedikasie nadat sy 2 jr gelede ' n ligte beroerte gehad het. Sy sukkel die afgelope tyd ook met haar bloeddruk wat wissel en soms so laag daal dat sy duiselig voel en moet sit anders val sy (dan drink sy gewoonlik soutwater). Die dokter het haar na ' n sielkundige verwys wat aanbeveel het haar bloeddruk medikasie moet verlaag word, maar volgens hom is haar skildklier lesing 100%. Sy neem daagliks Eltroxin .5 en 1mg, maar ek voel nie gemaklik met die toetse wat gedoen word (sy weet nie haar telling of watter toetse gedoen is nie). Wat is die aanbevole toetse wat vir onderaktiewe skildklier gedoen moet word? Wat is die newe-effekte van Eltroxin, is daar alternatiewe medikasie, wat van aanvullende medikasie (T3) wat dalk kan help met energie vlakke. Baie dankie Bev

Reply to beverley
Posted by: Lynne | 2009-11-11

Dankie vir jou opmerkings, ek verstaan jy bedoel dit goed. Moet my asseblief nie oordeel nie - jy ken nie my of my omstandighede nie. Ek wens dit was SO maklik om noord te kyk, maar dit is nie!!

Ps: My pa het in sy lewe nie gerook nie en hy het steeds kanker gekry - sy dokter het vir my gese of jy is lucky of unlucky...

Reply to Lynne
Posted by: Johan | 2009-11-11

Jou pa is dood aan kanker en jy rook 20 per dag. Hou op asb.
Gebruik iets vir jou yster.
Jy gaan beter voel. Kyk noord en vergeet van depressie.
Sterkte suster

Reply to Johan
Posted by: cyberdoc | 2009-11-11

Hallo Lynne
Nagsweet kan 'n teken van onderliggende infeksie wees. Ek dink tog jy moet laat jou dokter 'n Volbloedtelling, ystervlakke, skildkliervlakke toets. Jy het dalk 'n bietjie gastritis (maagslymvlies inflammasie) agv die stress. Jou dokter kan ondersoek en kyk of dit nodig is vir 'n gastroskopie. As jy reaktiewe depressie het na die dood van jou pa, moet jy dalk vir so 3-6 maande medikasie gebruik. Mens het net meer krag en genade as jou gemoed nie so af is nie.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement