advertisement
Question
Posted by: private benjamin | 2010/09/30

help 496

Ek was by n sielkundige wat my regtig baie geld gekos het. Ek beskou myself op hierdie oomblik nie as depressief of angstig nie en met die hulp van my dokter beplan ons om my af te haal van die antidepressante einde November. Die sielkundige het om die waarheid te se vir my genoem ek hoef nie meer te kom nie, sy kan op daardie stadium nie veel meer vir my gedoen het nie. Ek wil bitter graag gewig verloor onder andere oor my selfbeeld maar my groot oorweging nou is my gesondheid. Ek weet wat die gevolge is van oorgewig en wil nie graag diabeet word ens nie. Ek voel egter ek het iets nodig om my te help om te cope met die cravings, swak wilskrag. Ek weet daar is nie n wonderpil nie maar enige raad sal welkom wees. wat dink u van usn maaltyd vervanger.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Private Benjamin
As jy alreeds sielkundige hulp ingewin het en steeds aan kosgiere (‘cravings’) ly , dan is die dieet wat jy inneem moontlik te beperk aan koolhidrate wat dan die serotonienvlakke in die brein verlaag en kosgiere veroorsaak. Ek dink dat jy moontlik 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet sal moet volg wat help om lae bloedsuikervlakke te voorkom en dus minder kosgiere veroorsaak. Indien jy so ‘n dieet wil toepas, sal dit nogal help om ‘n geregistreerde dieetkundige te spreek aangesien dit nogal aanvanklik moeilik is om hierdie soort dieet korrek toe te pas. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Jy kan wel 'n maaltydvervanger gebruik, maar maak net seker dat een porsie (met of sonder lae-vet melk) nie meer as 2100 kJ bevat nie (dit is 1/3 van die 6300 kJ per dag wat jy moet inneem om gewig te verloor). Sommige maaltydvervangers het 'n hoër energie- en vetinhoud (meer as 1,5 g vet per 100g of 100 ml) en dra dus nie by tot gewigsverlies nie. Jy kan ook met jou dokter gesels oor die gebruik van aptytdempers soos Reductil of Ciplatrim, maar dis belangrik dat die dr jou eers deeglik ondersoek om seker te maak dat jy aan hoë bloeddruk of sirkulasie probleme ly nie. Indien jy van hierdie soort aptytdempers gebruik, is dit ook belangrik dat jy gereeld deur die dr ondersoek word om seker te maak dat jy nie bloedsomloop-probleme ontwikkel nie.
Sterkte met die verslanking
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement