advertisement
Question
Posted by: Linx | 2011/08/23

Help

Hi Dokter

Ek is ''n 25 jarige vrou wat al my hele lewe lank oorgewig is. Onlangs het ek een van Dokter se " posts"  aan Biggy gelees waarby dokter haar BMI gegee het. Ek is 1.70m lank en weeg 114kg. Dus my BMI is 39, wat OBESE is!

As ek tussen die normale 25 tot 29 wil val, sal ek dus tussen 80 en 85kg moet weeg. Ek is grof gebou met klein borste en heupe. My hele " probleem"  area is my maag. Ek het nie ''n " lae"  maag nie, maar daai " muffin"  maag.

My vraag is dus, behalwe dat ek die nodige 40kg moet verloor, watter kosse asook oefeninge sal help om die " tummy fat"  die beste te laat " weg smelt" ? Ek leef oor die afgemeen ''n baie gesonde leefstyl. Baie vars groente en klein porsie proteiene. My " lus"  is veral by vars brood en gas koeldranke.

Ek het na die " slimming diet"  op hierdie webblad gaan kyk, en ek oorweeg dit om eers met dit te begin. Hoeveel snye brood moet ''n volwasse vrou eet per dag?

Byvoorbaat dankie vir die hulp.

Ek wil regtig hard probeer om hierdie gewig af te skud. Is daar iewers dalk ''n " support group"  op hierdie webblad wat ek by kan aansluit of mag ek weekliks ''n stukkie " post"  oor my vordering?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Linx
Jy is korrek dat jou BMI = 39,4 is en dat jy dus in die obese kategorie val. As jy jou gewig kan verminder tot by 80 kg, sal jou BMI = 27,7, wat in die oorgewig reikwydte (25-30) val. Die normale reikwydte is tussen 18 en 25. Om 'n BMI van 25 te bereik, sal jy 72 kg moet weeg en dus nog 8 kg gewig moet verloor. Maar moenie op hierdie stadium kyk na die volle hoeveelheid gewig wat jy sal moet verloor om weer 'n normale BMI te hê nie, aangesien dit 42 kg sal verg. Begin met 'n verslankingsdieet en oefening (wanneer moontlik) en mik vir die eerste 10 kg. Stel jouself elke keer 'n volgende mikpunt totdat jy al die gewig verloor het. Daar is geen spesifieke kosse wat jou sal help om gewig in een deel van jou liggaam (soos jou maag) te laat verloor nie. Die hele idee is om jou totale energie-inname per dag te verlaag sodat jy oral sal begin verloor. Die maag sal wel begin krimp soos jy gewig verloor. Oefeninge wat spesifiek die maag teiken, soos 'sit-ups', sal wel help om die spiere van die maag ferm te maak. Miskien sal dit help as jy by 'n gimnasium aansluit of 'n biokinetikus spreek. Wat die brood aanbetref, is dit nie juis die brood (koolhidrate wat slegs 16 kJ/gram energie bevat) wat gewig laat toeneem nie, maar die vette wat saam met die brood geëet word (vette soos botter, margarien, smere en mayonnaise bevat 38 kJ/gram - baie, baie meer energie). Versoete koeldranke is aangewys as meer vetmakend as soliede suiker en enigiemand wat wil verslank, moet alle versoete dranke uitsny. Oor die algemeen, kan volwasse vrouens tot 4 snye volgraan- of bruinbrood per dag eet (3 snye lae-GI brood aangesien dit gewoonlik meer weeg per sny). Klik op 'DietnFoood' bo aan hierdie bladsy en kyk na die 'Chat Room' om met ander verslankers kontak te maak. Andersins, is jy baie welkom om vir my elke week 'n berig te stuur - ek het al dikwels van my Lesers sulke notas ontvang.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Annemarie | 2011/08/23

Hi LInx

Kyk bo die bladsy is daar bold gedruk WEIGHT LOSS CHAT FORUM......Ons girls wag vir jou..

Reply to Annemarie
Posted by: DietDoc | 2011/08/23

Beste Linx
Jy is korrek dat jou BMI = 39,4 is en dat jy dus in die obese kategorie val. As jy jou gewig kan verminder tot by 80 kg, sal jou BMI = 27,7, wat in die oorgewig reikwydte (25-30) val. Die normale reikwydte is tussen 18 en 25. Om 'n BMI van 25 te bereik, sal jy 72 kg moet weeg en dus nog 8 kg gewig moet verloor. Maar moenie op hierdie stadium kyk na die volle hoeveelheid gewig wat jy sal moet verloor om weer 'n normale BMI te hê nie, aangesien dit 42 kg sal verg. Begin met 'n verslankingsdieet en oefening (wanneer moontlik) en mik vir die eerste 10 kg. Stel jouself elke keer 'n volgende mikpunt totdat jy al die gewig verloor het. Daar is geen spesifieke kosse wat jou sal help om gewig in een deel van jou liggaam (soos jou maag) te laat verloor nie. Die hele idee is om jou totale energie-inname per dag te verlaag sodat jy oral sal begin verloor. Die maag sal wel begin krimp soos jy gewig verloor. Oefeninge wat spesifiek die maag teiken, soos 'sit-ups', sal wel help om die spiere van die maag ferm te maak. Miskien sal dit help as jy by 'n gimnasium aansluit of 'n biokinetikus spreek. Wat die brood aanbetref, is dit nie juis die brood (koolhidrate wat slegs 16 kJ/gram energie bevat) wat gewig laat toeneem nie, maar die vette wat saam met die brood geëet word (vette soos botter, margarien, smere en mayonnaise bevat 38 kJ/gram - baie, baie meer energie). Versoete koeldranke is aangewys as meer vetmakend as soliede suiker en enigiemand wat wil verslank, moet alle versoete dranke uitsny. Oor die algemeen, kan volwasse vrouens tot 4 snye volgraan- of bruinbrood per dag eet (3 snye lae-GI brood aangesien dit gewoonlik meer weeg per sny). Klik op 'DietnFoood' bo aan hierdie bladsy en kyk na die 'Chat Room' om met ander verslankers kontak te maak. Andersins, is jy baie welkom om vir my elke week 'n berig te stuur - ek het al dikwels van my Lesers sulke notas ontvang.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.