advertisement
Question
Posted by: private benjamin | 2010/09/30

help

Ek is 1.65 m en weeg 81.9 wat my baie oorgewig maak. Ek is 45 jaar oud en ek gebruik antidepressante daagliks. 30mg Lexamil. Ek het geen wilskrag waar dit by kos en reg eet kom nie. My voornemens is so goed maar ek kan myself nie help nie. Kos regeer my lewe. As ek wakker word dan is ek honger (lus). Ek weet presies wat om te doen om gewig te verloor maar ek het nie die wilskrag nie. Die Dokter het tydjie gelede Duromine voorgeskryf maar ek het gelees dit kan my angstig maak en gesien in die lig dat ek klaar op antidepressante is, is ek bang vir dit. Is daar enige iets wat die cravings kan stop of my honger onderdruk. Wat dink y van die skommel USN (ek dink). Help asb. ek is regtig desperaat

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Private Benjamin
Aangesien jy goed weet wat om te doen om gewig te verloor (d.i. 'n gebalanseerde, lae-vet, matig energie-beperkte dieet plus daaglikse oefening), en sielkundige faktore jou weerhou om dit toe te pas, sal ek aanraai dat jy eers 'n kliniese sielkundige spreek. Jou dr kan jou verwys. Die sielkundige sal jou moet help om jou depressie en angs op meer proaktiewe maniere te hanteer as om na kos te gryp as troos. Voordat jy sulke professionele hulp ontvang en in beheer van jou eie lewe is, sal geen verslankingsproduk help nie.
Gaan sien dus asb 'n sielkundige voordat jy geld op verslankingsprodukte spandeer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/09/30

Beste Private Benjamin
Aangesien jy goed weet wat om te doen om gewig te verloor (d.i. 'n gebalanseerde, lae-vet, matig energie-beperkte dieet plus daaglikse oefening), en sielkundige faktore jou weerhou om dit toe te pas, sal ek aanraai dat jy eers 'n kliniese sielkundige spreek. Jou dr kan jou verwys. Die sielkundige sal jou moet help om jou depressie en angs op meer proaktiewe maniere te hanteer as om na kos te gryp as troos. Voordat jy sulke professionele hulp ontvang en in beheer van jou eie lewe is, sal geen verslankingsproduk help nie.
Gaan sien dus asb 'n sielkundige voordat jy geld op verslankingsprodukte spandeer.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement