advertisement
Question
Posted by: Vettie | 2009/10/07

Help

Hello Dokter

Ek is ' n 23 jaar oue vrou sonder enige skildklier of dietbetis probleme. Ek weeg 115kg en wil 15kg verloor. (vir eers) Ek is nie baie aktief nie. Ek hou nie van oefen nie. Ek stap baie in my tipe werk, maar sit ook netso baie. Hier is my daaglikse routine.

Oggend:
2 Weetbix
1 suiker
Fat free melk
' n Half glasie Cranberry sap (vir my blaas)

Middag:
4 snye bruin brood
Met of kaas en tamatie of avo of eier of tuna of of of op.

Aand:
2 stukkies vleis, bv. Pork neck of vis of hoender. (nie groter as my handpalm nie)
1 aartappel
Groente, bv. ' n mielie of butternut of steam it.

Ek drink omtrent 2 koppies koffie deur die dag. Of Oros. Of water. Ek is op Marvelon. En omdat ons hoë  bloeddruk in ons familie het, probeer ek om baie min sout te eet.

Wat doen ek verkeerd dat ek nie gewig verloor nie? Of wat kan ek anders doen? Ek eet al so vir die afgelope 2 jaar. En het nog niks verloor nie.

Dokter mag maar in Engels antwoord. Ek het net nie lekker al die terme in Engels geweet nie. Baie vir die raad












Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Help
Dit is ook vir my vreemd dat jy met hierdie dieet wat jy vir my beskryf, nie gewig verloor nie. Ek kan net vir jou aanbeveel om 'n kliniese dieetkundige te spreek sodat sy/hy vir jou kan uitwerk wat jou energie-inname per dag is en of dit te hoog is. Die dieetkundige sal ook moet besluit of jy dalk sal baat by 'n lae-GI-dieet (lae glisemiese indeks), al het jy nie diabetes nie. 'n Lae-GI, lae-vet-dieet kan dikwels help vir hardnekkige oorgewig. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Om meer te lees oor lae-GI diëte, kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op "Weight loss" en "The Glycaemic Index". Besoek ook die Webwerf van die "Glycemic Index Foundation of SA" by: www.gifoundation.com oor wenke en boeke oor die onderwerp.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Lala | 2009/10/08

Hi Vettie

Ek volg net meer as ' n maand Weigh Less Eetplan , het al 7 kg verloor. Wil graag bietjie raad gee! As jy vir my jou epos adres gee sal ek vir jou bietjie tips deurgee. Bv jy moet nie meer as 5 porsies stysel per dag neem nie. Volgens jou eetplan vir ' n dag tel ek 8 wat 3 te veel is : 2 weetbix 4 snye brood 1 aartappel en 1 mielie. Baie mense weet nie dat groente soos mielie, patat tel as stysel en nie as groente nie. Dan moet jou brood ook nie meer as 30g per sny as dit bruin brood is weeg nie. Veral die nuwe brode waarvan die snye so groot is weeg baie meer as 30g per sny. So dat kan wees dat die totale gewig van die 4 snye brood meer as 4 porsies stylsel is as jy in terme van Weighless eet. Dit is ' n mondvol maar ek hoop jy verstaan.

Reply to Lala

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement