advertisement
Question
Posted by: KAREN | 2009/09/13

HELP

HI. EK HOOP U KAN MY HELP EN RAAD GEE. EK SUKKEL VREESLIK OM GEWIG TE VERLOOR. EK WAS VIR 3 WEKE OP N PAWPAW DIET EN HET NIKS VERLOOR NIE. EK HET DIE EERSTE WEEK 2KG VERLOOR MAAR DIE VOLGENDE WEEK TOE EK MY WEEG WAS HULLE TERUG. EK HET DEUR DIE DAG NET PAWPAW GEEET EN SOMS IN DIE OGGEND N PIESANG OF ALL BRAN. NIE MEER AS 3 KOPPIES KOFFIE/TEE MET 2 EN N HALF SIUIKER IN NIE EN IN DIE AAND N GESONDE AAND ETE, NIE TE VEEL NIE EN HET ELKE DAG GEOEFEN. DIS ASOF MY LIGGAAM NET NIE WIL VERBRAND WAT DAAR IS NIE. WAT KAN EK DOEN OM HOM NET N KICK START TE GEE? EK HET GEDINK DIE PAWPAW SAL DIE DING DOEN MAAR TOE WERK DIT OOK NOU NIE. AS EK NA ANDER DIETE KYK LYK DIE KOS SOMS SO BAIE, MEER AS WAT EK GEWOONLIK EET PER DAG, MAAR NOG STEEDS KAN EK NIE GEWIG VERLOOR NIE. EK WIL OOK NIE BAIE GRAAG DIEET PRODUKTE GEBRUIK NIE, EK GLO DIT DOEN MEER SLEG AS GOED, HELP JOU DALK OM GEWIG TE VERLOOR MAAR RIG SKADE OP ANDER PLEKKE AAN. MAAR DEESDAE BEGIN EK DIT ERNSTIG OORWEEG, EK KAN NIE NOG N SOMMER DIK INGAAN NIE! HELP ASB EK SAL ENIGE RAAD VOLG EN WAARDEER. OOR DIE ALGEMEEN EET ONS BAIE GESOND, LIEF VIR VRUGTE, MAAK NIE KOS IN OLIE EN BOTTER EN GOED GAAR NIE EN EET SAAM MET AAND ETE NET EEN STYSEL. DANKIE VIR ENIGE HULP WAT U MAG VERLEEN. KAREN....
PS: ALMAL SE ALTYD OM ONTBYT TE EET IS BELANGRIK, EK EET EERS SO 2 NA 2 EN N HALWE UUR NA EK OPGESTAAN HET WANT DAN EERS IS EK HONGER. IS DIT OOK N FOUT?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karen
Ek kan nie oordeel hoe oorgewig jy wel is nie? aangesien jy nie vir my jou lengte in m en gewig in kg gee nie sodat ek jou huidige BMI kan uitwerk. Maar as jy wel matig oorgewig is, dan is dit raadsaam om 'n gebalanseerde, lae-vet, lae-energie dieet te gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') te gebruik en te sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen (touspring, hardloop, swem, fietsry, roei, ens). Kits-diëte werk nie, soos jy self gesien het. Verslankingspille, ens, doen gewoonlik meer skade as goed en behoort vermy te word. Die oefening sal jou metabolisme beter stimuleer as enige pil. Dit is 'n goeie idee om wel ontbyt te eet, maar daar is geen reëls wat sê jy moet dit dadelik na opstaan doen nie. Die feit dat jy bietjie later ontbyt eet, behoort nie jou gewigsverlies te beperk nie. Kom ons kyk hoe dit met jou gaan op hierdie gebalanseerde dieet en die oefening.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement