advertisement
Question
Posted by: Ronel | 2009/04/16

HELP!!!!!

Dr Bets
Ek is redelik moedeloos, het kroniese blaasinfeksie gehad met al die nodige simptome, branderige urine, pyn, ens. Na 2 stelle antibiotika en geen verbetering het ons urine monster gekweek geen " goggas"  maar net baie hoe leukosiettellings.
Die probleem is ek is doodmoeg, naar, kopseer, lyfseer en uriene brand nogsteeds. Tel ook gewig op soos ' n rankpatat alhoewel my eetpatroon nie anders is nie.
Wat kan dit veroorsaak en wat kan ek doen om beter te voel het afspraak by uroloog maar hulle is so vol kan hom eers oor ' n maand sien. Ek voel goor en my werk ly daaronder want dit voel of ek nie kan konsentreer nie. Gee asb raad

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ronel
Ons noem dit "sterile pyuria" en die oorsake is somtyds rarer siektes soos TB, Chlamydia, niersiektes, stadig groeiende bakteriee en selfs diabetes. Die kweking kan ook negatief wees agv die vorige antibiotikas, jy het dalk nog 'n laegraadse infeksie en blaas inflammasie. Vra die ontvangsdame om jou op hulle waglys vir nood afsprake te sit, baie keer kanseleer mense en kan mens vroeer die dokter sien. Ek dink nie daar is iets wat jy regtig kan doen nie, mens moet die oorsaak soek en behandel. Jy kan simptomaties pyn pille gebruik ( vermy disprin of aspirien en anti-inflammatoriese middels, liewer Panado of Dolorol Forte) Valoid vir naarheid, en Citrosoda vir die brand. Jy hou dalk vog terug agv die niere - dalk is dit nie vet nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Pieter2 | 2014/03/06

Is daar so iets soos kroniese chlamydia?

Reply to Pieter2

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement