advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/10/03

Helicobacter Pylori

Hello Dr Anrich
Ek sukkel nou alweer die afgelope paar weke met my maag, erge pyn, swelling en pyn oor my kolon, ek dink ek het weer die same old helicobacter ding, moet ek weer die dr gaan sien vir antibiotika, ek gewonder of ek nie maar weer moet probeer om gastroskopie/kolonoskopie te laat doen, het dit ongeveer 3jaar gelede gehad wat die infeksie en divertikulose bevestig het met patologie toetse ook. My werksomstandighede laat dit egter nie toe nie, maar ek nou al so dik vir die ou storie, enige ander voorstel? Baie dankie :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Dit is 'n goeie idee om weer 'n gastroskopie en kolonoskopie te laat doen. Dit is veral belangrik om jou maag te evalueer ten opsigte van ulserasie en die moontlike infeksie van H. Pylori. 'n Kolonoskopie is belangrik om die toestand van sake t.o.v. jou divertikulose te evalueer. Indien tyd 'n probleem is, kan jou dokter 'n asem toets laat doen om vas te stel of H. Pylori teenwoordig is en indien wel, medikasie voorskryf vir die behandeling daarvan.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement