advertisement
Question
Posted by: MC | 2010/12/15

Helicobacter Pylori

Beste Dr Bets

Ek laat weet dokter graag dat ek toe uiteindelik die Gastroscopy laat doen het omdat die Topzole my nie gehelp het nie, maar die Nexiam wel.

Die dokter het gevind dat ek so bietjie van ''n " sliding"  hiatus hernia het en dat my maag ook rooi is aan die binnekant i.p.v. die normale pienk kleur. Hy het nou vir my Nexiam gegee vir 2 maande en se hy kan sien my maag lyk nie gelukkig binne nie. Hy het ook terselfdertyd met die Gastroscopy biopsies in 2 areas geneem en weggestuur, maar ek sal eers teen Vrydag weet of ek dalk ''n maag-virus ook het wat my probleme veroorsaak. Wat is ''n " sliding"  hernia?

Hy het genoem dat dit moontlik Helicobacter Pylori kan wees, en ek weet hierdie is ''n nare virus om te he want my pa het ook gesukkel daarmee. My lewensmaat is bekommerd, indien dit hierdie virus sou wees, oor die aansteeklikheid daarvan d.m.v. soen, seksuele -|- ak ens. Is daar so ''n risiko?

Ek sal dokter se raad waardeer.

Dankie en groete.
MC

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo MC
'n Sliding hernia is een waar 'n stukkie van die maag deur"gly" deur die diafragma se opening. H Pylori is aansteeklik deur sputum, maar omtrent 1/3 van mense is al geinfekteerd tydens die kinderjare en meeste mense se lewensmaats is reeds geinfekteer teen die tyd dat H Pylori gediagnoseer word. Nie almal kry maagsere daarvan nie.
Sien http://hcd2.bupa.co.uk/fact_sheets/html/hiatus_hernia.html#3
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/12/15

Hallo MC
'n Sliding hernia is een waar 'n stukkie van die maag deur"gly" deur die diafragma se opening. H Pylori is aansteeklik deur sputum, maar omtrent 1/3 van mense is al geinfekteerd tydens die kinderjare en meeste mense se lewensmaats is reeds geinfekteer teen die tyd dat H Pylori gediagnoseer word. Nie almal kry maagsere daarvan nie.
Sien http://hcd2.bupa.co.uk/fact_sheets/html/hiatus_hernia.html#3
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement