advertisement
Question
Posted by: Demi | 2004/04/12

Q.

Hees Stem

Ek wil net hoor hoekom my stem so hees word. As ons kuier is my stem die volgende dag heeltemal weg. Ek weet ek praat baie maar dit is hoe ek is. Gebruik ek dalk my stembande verkeerd. Is daar behandeling daarvoor. Ek was al by 'n oor, oog, neus spesialis wat iets gesê het van vogblasies op my stembande. Hy het meticorten voorgeskryf. Moet ek maar net minder praat, praat ek dalk te hard agv die musiek, en wat kan ek doen om dit beter te maak. Daar moet tog een of ander behandeling daarvoor wees. Dit is onaangeneem om vir 'n dag of twee sonder 'n stem te wees. Ek het oor die algemeen 'n redelike "mans" stem.Almal spot dan en sê ek het my stem weggedrink.

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Demi, dit mag wees dat jy ‘n chroniese infeksie het of dat jy jou stem elke keer ooreis. Jy kan die ONK spesialis vra of hy dink dis as gevolg van ooreising en as dit is, kan jy ‘n spraakterapeut vra om jou daarmee te help. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or person harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments
Posted by: Sunshine | 2004/04/13

Hi Demi,

Geen probleem. Die ENT waarheen ek gegaan het is Dr Dos Santos in die Unitas hospitaal. Hy is Afrikaans EN Engelssprekend. Hy het my uitstekend goed laat voel, baie aandag aan my gegee en met die grootste sorg my probleem opgelos. Hy versuim ook nie om terug te bel indien jy probleme het nie.

Dr Carlos Dos Santos. Unitas Hospitaal. Suite 103. Tel: (012) 6647959.

Laat weet hoe dit gaan.

Groete
Sunshine.

Reply to Sunshine
Posted by: Demi | 2004/04/13

Baie dankie vir die terugvoer. Ek bly ver van die stad so ken nie die regte dokters nie. Kan jy my dalk verwys na 'n spesialis en terapeut in Pretoria

Reply to Demi
Posted by: Sunshine | 2004/04/13

Hi Demi,

Hoop ek kan jou raad gee. Ek het presies dieselfde probleme as jy ervaar. Ook namiddag baie hees geword - soms geklink of ek erge verkoue onderlede het. Dit het letterlik vir jare so aangehou. My stem het ontsettend moeg geword want ek het fisies gesukkel om te praat sodat mense my kon hoor.

Einde ten laaste het ek ook 'n Oor Neus en Keel spesialis gaan spreek. Hy het met 'n spesiale instrument wat 'n kamera vooraan gehad het, my stembande beloer. Eers my keel GOED doodgespuit en toe die instrument ingesit. Ek het poliepe op my stembande gehad wat hy later met laser skadeloos verwyder het. Vir 'n dag of wat is dit regtig nie aangenaam om te praat nie, maar later word dit net beter. Ek het ook 'n terapeut gaan spreek wat my geleer het hoe om my stem effektief te gebruik. Ek moes ook vir 'n rukkie my stem "spaar" en nie onnodig hard en aanhoudend praat nie.

In retrospeksie was dit alles die moeite werd. Ek voel en klink soos 'n nuwe mens. Gaan spreek gerus weer 'n ENT spesialis. Sterkte.

Groete
Sunshine.

Reply to Sunshine

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement