advertisement
Question
Posted by: Marico | 2010-09-29

hartversaking, hyperkalemia,

Ek het voorheen vrae gestel ivm ons 30-jarige seun met kardio miopatie nadat hy 3 jaar gelede miokaridtis gehad het. Sy tye buite die ICU raak korter, maar hy reageer telkens, bo verwagting, goed op ICU behandeling.
Hy is ''n week gelede ontslaan en het ons (met dr se toestemming)voldoen aan sy begeerte om see toe te gaan. Na 3 dae het hy weer siek geword en is hy per ambulans na die naaste hospitaal vervoer. Geen bloedruk kon opgetel word nie, hy was baie koud en klam, geel en baie blou. By alles wat verkeerd gegaan het was sy kaliumvlak 7.6. Hy het nou behalwe hartversaking (17%hartspier funksie) ook nierversaking en lewerfunksie is ook swak.
Dis vandag sy 3de dag in hospitaal, hy is beter, maar nog te siek om oorgeplaas te word na ons naaste hospitaal waar hy gewoonlik versorg word.

Ek hoor graag u mening oor wat die hyperkalemia veroorsaak het (sy kaliumvlakke is gewoonlik te laag met sy daaglikse dosis van 40mg lassix). Was dit die verkeerde besluit om 600km see toe te ry of sou dit in elk geval gebeur het.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marico
Ek dink nie die ry see toe het enigsins sy toestand benadeel nie. Hy het waarskynlik reeds oor die afgelope paar weke begin om nierversaking te ontwikkel en dit is waarskynlik wat sy Kalium vlakke op gestoot het.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-09-29

Hallo Marico
Ek dink nie die ry see toe het enigsins sy toestand benadeel nie. Hy het waarskynlik reeds oor die afgelope paar weke begin om nierversaking te ontwikkel en dit is waarskynlik wat sy Kalium vlakke op gestoot het.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement