advertisement
Question
Posted by: Marico | 2012-11-16

hartversaking - geen eetlus

My seun (33 jr) het eindstadium hartversaking(CHF) en sy niere en lewer het ook skade agv baie medikasie. Hy hou baie vog terug ten spyte van 6 lassix + 4 spiractins pd. Wanneer hy in hospitaal is, sien dieetkundige hom. Sy dieet is lae sout, lae vet en miin suiker. Soms ontvang hy in hospitaal insulien (suiker wissel tussen 8 en 13.

Hy is 1.6m en weeg tans 60kg Ek skat hy het omtrent 6/7 kg vogretensie. Sy bolyf en arms is baie maer en lyk erg afgerem. Hy het geen eetlus en word maklik naar. Soms eet hy klein porsie roereier met tamatie en uie of ''n halwe broorolletjie.

Ek probeer dat hy minstens 1 glas Ensure of Replace wat ek met lae vet melk meng, drink. Maar ook daarvoor is hy nie meer lus.

Enige raad oor hoe ek hom kan voed sonder om te " force feed" ?
Hy is verstandelik gestremd en verstaan nie dat ek verwag hy moet eet as hy nie honger is nie.

Baie dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marico
Ek is baie, baie jammer om te verneem van jou liewe seun en die stryd wat julle moet aandurf. Jou seun is egter so ernstig siek dat ek uit etiese redes nie vir jou oor die Internet kan raad gee nie. Hy MOET deur sy dieetkundige wat hom en sy siektebeeld ken, opgevolg word. Vra asseblief die dieetkundige by die hospitaal of sy jou kan sien of dat sy jou verwys na 'n ander geregistreerde dieetkundige wat sal kan help nadat sy al die inligting oor jou seun se siekte ontvang het en hom self ondersoek het.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement