advertisement
Question
Posted by: Marico | 2012/08/17

hartversaking en vog

Ek verwys na vorige skrywes ivm ons 32-jarige seun met CHF en dilated miopathy. My laaste vraag in Mei 2012 was oor die waarde van ''''n pasaangeer vir hom. Sy toestand het ongeukkig in so mate versleg dat kardioloog daarteen besluit het.

Sy hartfunksie was 3 weke gelede slegs 10% en hart in so mate vergroot dat die kleppe lek. Ek verstaan dat die prognose uiters sleg is en het ''n ingeligte besluit geneem om hom tuis te versorg nadat hy vir die afgelope 3 maande, met kort tussen poses, in ICU was.

My huidige vraag is wat gebeur in sy liggaam dat hy dae lank normaal uitskei (6x40mg lasix pd) en dan soos tans, net 300ml donker urine in 24 uur. Hy het afgelope 2 weke 14kg vog verloor en het die week weer 6kg opgetel.

Hoe lank kan hy nog so aangaan? Ek wonder ook wat is die graad van ongemak en pyn. Moeilik om dit met hom te kommunikeer - hy is verstandelik gestremd.

Ek waardeer u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marico

Ek is bitter jammer om van jou seun se toestand te verneem. Dit moet bitter ongemaklik en pynlik vir hom wees. So ook vir jou as ouer om so hulpeloos te voel. Sy hartsiekte affekteer sy niere. As gevolg van swak bloedvoorsiening aan sy niere, sal die uitskeiding deur die niere drasties afneem en gevolglik min urine uitskei en baie vog terug hou. Soos die hartfunksie met tye verbeter, sal daar meer uitskeiding wees.

Alle sterkte en innige simpatie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement