advertisement
Question
Posted by: Marico | 2012/05/26

hartversaking

Ek het al voorheen vrae gevra ivm ons gestremde seun wat bykans 5 jr gelede miokarditis gehad het. Die afgelope 2 maande is hy in en uit die hospitaal met swak nier- en lewerfunksies. Sy meds(lanoxin, carloc, lassix, spiractin en corolan) is verminder om, soos ek verstaan, sy niere te help. Intussen het niere verbeter.

Waar sy siekte begin het met linker hartversaking en later regter, is die regter hartversaking nou erg en onge -|- roleerd. Die afgelope week in ICU het hy 9kg aan vog verloor. 2 Dae af van binneaarse lassix en op 80mg mondelings, het hy weer 1.5kg opgetel.

Hartoorplanting is nie ''n opsie en kardioloog stel nou ''n pasaangeer voor, hy se daarsonder is die prognose sleg. Kan u asseblief vir my inligting gee hieroor. Gaan dit net sy lewenskwaliteit verhoog, of kan dit sy lewe verleng. Ons gesin is besig om die situasie te bespreek en wonder of dit onregverdig teenoor hom sal wees om teen die pasaangeer te besluit. Hy is baie uitgeput en meestal in die bed. Hyself se dat hy nie kans sien daarvoor en dat hy bang is iets gaan verkeerd.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marico

'n Pasaangeer sal sy lewenskwaliteit verbeter en lewensverwagting verleng. Ek dink dat 'n pasaangeer in sy situasie baie vir hom sal beteken en dat dit die simptome van die hartversaking sal verbeter.

Sterkte en groete. Terugvoering sal waardeer word.

Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement