advertisement
Question
Posted by: maryna | 2011/11/10

hartstigtings dieet

Goeie more, ek wil graag die hartstiging dieet hê . Is dit die beste om vinnig gewig te verloor. Ek is ongeveer 55kg oorgewig. Ek het hoë  cholesterol, geen skildklierfunksie en onlangs hoë  bloeddruk ontwikkel. My broer het suikersiekte gehad, my ma is oorlede op 49 aan hartaanval en my pa oorlede op 71 agv kanker. Ek sal my gewig beheer as ek op my doel is met weigh-less maar wil graag eers gewig verloor. Wat stel u voor asb.
My faks no. 0865461018

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Maryna
Ek het nie 'n eksemplaar van die sg. 'Hartstigting dieet' nie en ek twyfel sterk of die amptelike Heart Foundation van SA enigiets te doen het met bogenoemde dieet. Maar jy kan hulle skakel by (021) 403-6450 of 'n e-pos vir hulle stuur by: heart@heartfoundation.co.za. As jy wel 55 kg gewig moet verloor, dan is dit essensieel dat jy dit onder die toesig en leiding van 'n geregistreerde dieetkundige doen. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. 'n Ander alternatief is sg. bariatriese chirurgie - gesels met jou huisarts oor hierdie opsie aangesien jou gewig gekoppel met jou familiegeskiedenis van obesiteit-verwante siektes, dit gebiedend maak dat jy so gou as moontlik begin gewig verloor.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Lydia | 2014/07/13

Ek het bariatriese chirurgie gehad in 2012, die roux-and-y metode gehad. Mens moet net mooi verstaan dat die sogenaamde "maermaak operasie" jou nie maer maak nie maar wel keer dat die gewig wat jy met 'n baie streng dieet voor en na die operasie volg, nie weer optel nie. Ek het 33kg dusver verloor onder die bekwame hande van Prof Heine van der Walt en sy span. Die operasie tel 50% in jou guns om gewig te verloor, die ander 50% is in jou hande deur jou eetgewoontes en leefstyl te verander. Ek beveel die operasie aan vir almal wat obese, (of soos ek morbidly obese was). Jy sal nooit weer terugkyk nie.

Reply to Lydia
Posted by: Marina | 2011/12/01

Verduidelik asb bariatriese chirurgie - ons woon baie ver van ons huisdokter af. Soortgelyke aanbeveling is aan ''n briefskrywer gedoen in VroueKeur van 9 Oktober 2009.
Dankie
Marina

Reply to Marina
Posted by: Glaudine Marx | 2011/11/15

Ek is in besit van die hartstigtingsdieë t vir 3 dae. Kan hierdie dieë t net vir 3 dae gevolg word en " normaal"  daarna, vir hoe lank. Hoe dikwels word die 3 dae herhaal of begin mens weer by dag 1?
Dankie en groete
Glaudine

Reply to Glaudine Marx
Posted by: DietDoc | 2011/11/10

Beste Maryna
Ek het nie 'n eksemplaar van die sg. 'Hartstigting dieet' nie en ek twyfel sterk of die amptelike Heart Foundation van SA enigiets te doen het met bogenoemde dieet. Maar jy kan hulle skakel by (021) 403-6450 of 'n e-pos vir hulle stuur by: heart@heartfoundation.co.za. As jy wel 55 kg gewig moet verloor, dan is dit essensieel dat jy dit onder die toesig en leiding van 'n geregistreerde dieetkundige doen. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. 'n Ander alternatief is sg. bariatriese chirurgie - gesels met jou huisarts oor hierdie opsie aangesien jou gewig gekoppel met jou familiegeskiedenis van obesiteit-verwante siektes, dit gebiedend maak dat jy so gou as moontlik begin gewig verloor.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement