advertisement
Question
Posted by: VETTIE | 2006-09-27

Q.

HARTSTIGTING DIEET

Ek wil baie graag weet of die "3 dag Hartstigting" dieet werklik 'n goeie eetplan is. Waarvan ek bv nie hou is die 3de oggend se ontbyt: 1 appel en 'n snytjie kaas. Dit is mos nie genoeg vir ontbyt nie? Dan moet jy ongeveer 5 ure uithou tot middagete??

Ek sal graag hierdie dieet wil probeer om my net oor die eerste 2 of 3 kilo's te kry (om my 'n goeie "kickstart" te gee) en daarna 'n meer gebalanseerde dieet, maar is bang ek doen meer skade.

Expert's Reply

A.

Expert ImageDietDoc

Beste Leser(in)
Ek is glad nie seker dat hierdie dieet wat as die 'Hartstigting dieet' bekend staan, wel deur hulle ontwerp is, al dan nie. Jy kan hulle skakel by (021) 510-6262 om uit te vind of hulle regtig so 'n dieet ontwerp het en wat jy vir ontbyt moet eet. Ek sal liewer aanraai dat jy van die begin af 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel dieet sal gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie). Kombineer so 'n dieet met daaglikse aërobiese oefening (stap, draf, fietsry, swem, enigiets om jou aan die gang te kry) vir 30 min of meer.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: Anoniem | 2014-06-07

Kan 'n mens oefen terwyl jy op dié dieet is? Ek is 'n vegter en wil weer gewig begin verloor voor my geveg.

Reply to Anoniem
Posted by: Eliza | 2013-03-05

Tans is ek baie gemotiveerd om van die ekstra gewig ontslae te raak en ek het 'n begin gemaak. Ek het by 'n vriendin 'n 7 dae sop dieet gekry wat net bestaan uit 'n griente sop wat maklik was om te begin. Dag een en 2 is basien net sop en dag 2 sop en groente. Geen suiker brood of melk. Dag vier het 'n 50 gram biefstuk en ek is 'n vegetarier wat baie jare glad nie enige vleis vis of enige iets eet wat lewendig was nie. Maar ek sukkel met die proteien keuse. Wat kan ek doen om dit te vervang? Ek's so trots op myself want ek het klaar 3 kilo's verloor vandat ek begin het. Saterdag het ek neute ge eet maar ek weet nie watter hoeveelheid neute die 50gram biefstuk moet vervang. Ek gebruik eiers en melk en is mal oor kaas maar ek het nog nie weer kaas of brood ge eet vandat ek begin het nie. Ek mis die brood baie - ek dink brood en kaas is my "easy way out" gewees vir hongerte. Min diete is beskikbaar vir vegetariers soos myself. Ag gee my asb raad. Groete

Reply to Eliza | 1 comment (hide)
Posted by: Elise | 2014-05-26

Vind jy nie die sop baie suur met die 900gr tamaties in nie

Posted by: Aitsa | 2006-09-28

Hi!
Ek het nogal die laaste ruk baie opgelees oor die lae GI dieet en dit klink en IS wonderlik! My suster volg dit nou en het in 'n maand se tyd 5 kilo's verloor... Dit is regtig suksesvol en boonop baie gesond en goed vir jou! Jy honger glad nie uit nie, eet baie gereeld en gebalanseerd, so ek sal regtig voorstel jy doen dit eerder... Hierdie kort dieetjies is eintlik bull en ek dink ons almal weet dit!!! Sterkte!

Reply to Aitsa

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement