advertisement
Question
Posted by: Maria | 2012-02-02

Hartsake

Hallo Dokter. Ek is 45 jaar oud en kom uit ''n vleisvretende Karoo-familie met hoë  cholesterol en hartsiektes. Ek voel al vir 2 maande baie treurig, kragteloos, moeg en glad nie myself nie. Ek was na my huisdokter, 5 buise bloed getrek, als normaal, behalwe die cholesterol van 8 en die stres-EKG wat ''n afwyking wys. Ek''t heimlik gehoop dis my menopause en die dokter kan net ''n pil gee wat alles oornag sal regmaak. Toe na ''n kardioloog in Kaapstad wat ''n sonar van die hart geneem het, die EKG afskrif bekyk het en my verseker het my hart makeer niks ... die afwyking wat die EKG wys is ''n ''elektriese probleem"  by die hart en daaraan kan niks gedoen word nie. Hy''t wel my cholesterolpil sterker gemaak. Ek bly egter sleg voel. Kort van asem, soms steekpyntjies aan linkerkant van bors en net heeltyd doodmoeg. Ek oefen gewoonlik elke dag, is hiper-aktief vir my ouderdom, ''n perfeksionis en stres meestal oor die meeste dinge in die lewe wat volgens my nie 100% regloop nie. Ek glo ek kan die wê reld ''n beter plek maak! Kan hierdie gevoel te wyte wees aan heeltydse onderliggende stres of moet ek ''n 2de opinie kry? Ek rook nie, is nie oorgewig nie ens. Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Hi Maria,

Ek vra om verskoning dat dit so lank gevat het om jou vrae te beantwoord.

Sonder meer besonderhede, is die moeilik om al jou vrae to beantwoord. Nietemin, jou symptome klink soos simptome van stress in iemand wat ‘n perfeksionis is. Ek sou nie te veel aandag aan die EKG gee nie. Soos ‘n getuie in die hof, is die EKG dikwels onbetroubaar. Somtyds vertel dit nie die hele waarheid nie, en somtyds vertel dit self leuns. Jy is deur jou eie huisdokter en ‘n kardioloog geondersoek en getoets. Dit is dus onwaarskynlik jy het ‘n hart toestand ‘n Tweede opinie is dikwels ‘n goeie idea, vir gemoedsrus, maar as jou kardioloog se jou hart makeer niks is die kanse baie hoog hy of sy is reg. Ek wil voorstel jy sien weer jou huisdokter en bespreek die hele situasie met hom of haar. Indien nodig kan hy - of sy - altyd jou verwys na an internis of ‘n tweede kardioloog.

Ek hoop dit gaan beter vorentoe.

Groete. JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cardiologist | 2012-02-27

Hi Maria,

Ek vra om verskoning dat dit so lank gevat het om jou vrae te beantwoord.

Sonder meer besonderhede, is die moeilik om al jou vrae to beantwoord. Nietemin, jou symptome klink soos simptome van stress in iemand wat ‘n perfeksionis is. Ek sou nie te veel aandag aan die EKG gee nie. Soos ‘n getuie in die hof, is die EKG dikwels onbetroubaar. Somtyds vertel dit nie die hele waarheid nie, en somtyds vertel dit self leuns. Jy is deur jou eie huisdokter en ‘n kardioloog geondersoek en getoets. Dit is dus onwaarskynlik jy het ‘n hart toestand ‘n Tweede opinie is dikwels ‘n goeie idea, vir gemoedsrus, maar as jou kardioloog se jou hart makeer niks is die kanse baie hoog hy of sy is reg. Ek wil voorstel jy sien weer jou huisdokter en bespreek die hele situasie met hom of haar. Indien nodig kan hy - of sy - altyd jou verwys na an internis of ‘n tweede kardioloog.

Ek hoop dit gaan beter vorentoe.

Groete. JT

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement