advertisement
Question
Posted by: sasha | 2012/10/15

Hartritme/hartkloppings

Ek is 50jaar, kroniese asmalyer en die afgelope maand-2maande telkemale gediagnoseer met hoe bloeddruk, die laaste was 155/110. ek gebruik Theophylline300mg ogg& aand Budeflam 4x ogg 4x aand Ventolin herhaaldelik +- 8xp/dag. Omez 30 1/aand vir asma voorgeskryf deur internis. Die afgelope 2 maande geweldige hartkloppings was by dr mbt hoe bloeddruk &  hartkkloppings hart klop 97-110 daagliks. Dr het EKG gedoen wys onreelmatige hartklop maar nie nodig om bekommerd te wees nie. Ek ervaar ook erge swelling baie lank in bene gebruik af en toe waterpil maar die swelling gaan nie weg nie is is daagliks baie geswel. Dr het my op Verpamil 80mg 3X /dag vir hartkloppings en bloeddruk. Die afgelope 2 dae word ek weer wakker gedurende die nag met erge hartkloppings en gedurende die dag ook nou vandag ongelooflike hartkloppings maar ek kan nie nou meet nie want is ongelukkig oorsee. My hart het die afgelope 2 dae snaakse hartklop voel of dit so snaakse geluid baie stadig maak amper of dit wip(ek voel dit) 2x gedoen. Ek het nie mediese fonds nie en gaan na staatsdr en hospitaal in SA W-Kaap. Ek het weer geweldige hoofpyne vir 2 dae en wil net weet of ek moet aangaan met die pille en of net onnodig bekommerd is. Ek sal spoedige terugvoering baie waardeer. Groete en dankie dr.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sasha

Ek is nie ten volle bekend met jou mediese geskiedenis nie en daarom kan ek nie voorstel dat jy enige medikasie staak nie. Wat ek wel kan se is dat Theophylline bekend is daarvoor om hartkloppings en onreelmatige hartklop te veroorsaak. Dit klink nie asof jou asma goed gekontrolleer is nie. Ongelukkig is daar 'n verskil in medikasie en die verskil is ook prys verwand.

Ek moet voorstel dat jy 'n longspesialis konsulteer vir evaluasie en optimale beheer van jou asma. Dit is uiters belangrik, want erge asma kan nagevolge, soos hartversaking, he.

Ek stel ook voor dat jy 'n kardioloog vir 'n 24-uur hart monitor konsulteer. Hierdie monitor kan 'n baie beter indruk skep oor wat jou hart oor 24 uur doen. Die dokter sal volledige bloedtoetse moet doen en veral na toestande, soos bloedarmoede en skildklier patologie, kyk.

Ongelukkig sal hierdie konsultasies nie goedkoop wees nie, maar ek dink jou gesondheid is die moeite werd.

'n Verdere punt om te onthou, is om af te skaal op produkte wat kaffein bevat en dat rook 'n absolute kontra-indikasie is.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement