advertisement
Question
Posted by: El-Ray Schoeman | 2011/06/02

Hartkloppings

Hallo Dok!

Ek is ''n dame van 27 jaar. Ek sukkel van my kinderjare af met hartkloppings en is daar al deur my dokter gesê  dat ek ''n hartklep het wat lek. My familie het ook geskiedenis met hartprobleme bv. my pa wat al drie hart aanvalle gehad het, ''n dubbele hartomleiding en onlangs sy pasaangeer. Ek het so twee maande terug opgehou met rook na ''n tydperk van so 5 jaar.

Op die tweede dag na ek opgehou het het my hart begin snaaks klop, partykeer vinniger en party keer asof dit ''n paar slae stadiger en dan weer normaal, tot op so punt dat party aande ek moet regop sit en slaap met geen drukking op my bors of in die middel van die nag wakker word met hartkloppings en na ek geeet het of vinnig geloop het (nie eers draf nie) dit op die ergste was en voel of ek kan flou val. Die afgelope paar dae het dit nou weer niks gedoen na omtrent ''n periode van 2 maande nie. Ek wil net graag weet of dit maar ''n ontrekkingsimptoom was en/ of ek ''n kardioloog moet raadpleeg. Ek is iemand wat daarvan hou om oefening te doen en te draf, maar is bang dat as ek weer begin ek dalk iets kan seer maak.

Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Hallo El-Ray.

Eerstens, onthou dat hart aanvalle te doen het met die slagare van die hart ("koronerevatsiekte").

Met andere woorde, hart aanvalle gebeur as gevolg van probleme met die loodgietery van die hart. Harkloppings het te doen met die elektriese stelsel, iets heeltemaal anders. Jou risko van hartaanval, op die jong ouderdom van 27, is baie laag - veral omdat jy nou opgehou het met rook.- en jou pa se hartprobleme is nie van toepassing op hierdie stadium van jou lewe nie.

Tweedens, jy sal nie enige skade aan die hart veroorsaak met oefening nie! Inteendeel, oefening is belangrik en wenslik en behoort baie voordele vir jou te he.

Derdens, die hartkloppings. Ek dink nie hulle is onttrekkings simptome nie. (Jy het hulle gehad lank voor jy begin rook het.) Hulle kom baie dikwels in jong vroumense voor en is gewoonlik glad nie gevaarlik nie. Nieteenstaande, dit is 'n goeie idee om 'n kardioloog te raadpleeg as jy nooit een gesien het nie.

Hy/sy sal vir jou hartkleppe kan kyk en indien nodig ondersoek instel op die hartkloppings - bv met 'n 24 uur EKG om die aard van die hartkloppings vas te stel. Daarna, lyk dit vir my, hy/sy sal jou kan gerus stel, dat jou hart gesond is en jy kan voortgaan met normale lewe met gemoedsrus - insluitend oefening!

Sterkte!

JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Joy le Roux | 2011/06/12

More!

Ek is ''n 49-jarige vrou en is bekommerd oor hartkloppings wat ek al vir jare lank kry. Sommige dae gebeur dit nooit, ander kere weer gedurig, in so ''n mate dat dit lastig raak. Dit voel asof iemand ''n haas in ''n sak binne-in my borskas gesit het. Dit voel of my hart in alle rigtings bokspring. As mens my pols voel terwyl dit gebeur, slaan dit elke keer ''n polsslag oor. Dit laat my nie swak of sleg voel nie, op die uiterste effens uitasem, want dit voel asof iemand my borskas ''n drukkie gegee het. Ek voel soms ek wil net ''n diep asemteug neem, en dan sal dit weggaan.

Ek is met hierdie probleem na my Dr, wat ''n EKG gedoen het. Op daardie tydstip het my hart hom natuurlik perfek gedra. Die masjien se uitspraak was dat my hart in ''n baie goeie kondisie is. Verder het die Dr gevind dat ek ''n knop in my skildklier het, waarvan die een helfte toe ook verwyder is (nie-kwaadaardig). Ek gebruik nou Eltroxin en kannie se dat daar enige verskil is in hoe ek voel nie, so dit werk baie goed vir my. Die hartkloppings het egter geensins verander nie.

Ek het 7jr gelede ''n hysterectomy gehad, maar my hormone funksioneer nog heel normaal sover ek kan se. Ek het gewonder of die hartkloppings ''n hormonale oorsprong kan he?

My grootste probleem is eintlik dat ek my bekommer oor die situasie. As ek weet dat dit niks gevaarliks is nie, sal dit my waarskynlik baie minder pla!

baie dankie vir u tyd!

Reply to Joy le Roux
Posted by: Cardiologist | 2011/06/06

Hallo El-Ray.

Eerstens, onthou dat hart aanvalle te doen het met die slagare van die hart ("koronerevatsiekte").

Met andere woorde, hart aanvalle gebeur as gevolg van probleme met die loodgietery van die hart. Harkloppings het te doen met die elektriese stelsel, iets heeltemaal anders. Jou risko van hartaanval, op die jong ouderdom van 27, is baie laag - veral omdat jy nou opgehou het met rook.- en jou pa se hartprobleme is nie van toepassing op hierdie stadium van jou lewe nie.

Tweedens, jy sal nie enige skade aan die hart veroorsaak met oefening nie! Inteendeel, oefening is belangrik en wenslik en behoort baie voordele vir jou te he.

Derdens, die hartkloppings. Ek dink nie hulle is onttrekkings simptome nie. (Jy het hulle gehad lank voor jy begin rook het.) Hulle kom baie dikwels in jong vroumense voor en is gewoonlik glad nie gevaarlik nie. Nieteenstaande, dit is 'n goeie idee om 'n kardioloog te raadpleeg as jy nooit een gesien het nie.

Hy/sy sal vir jou hartkleppe kan kyk en indien nodig ondersoek instel op die hartkloppings - bv met 'n 24 uur EKG om die aard van die hartkloppings vas te stel. Daarna, lyk dit vir my, hy/sy sal jou kan gerus stel, dat jou hart gesond is en jy kan voortgaan met normale lewe met gemoedsrus - insluitend oefening!

Sterkte!

JT

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement