advertisement
Question
Posted by: Sheenah | 2010/08/13

Hartkloppings..

Hi daar..
Ek weet nie of hierdie vrae eerder na ''n hart-spesialis moet gaan nie..indien moontlik kan dit asb aan gestuur word..?
Ek is 39 jaar oud..vroulik en gesond behalwe vir oorerflike cholestrol wat met kroniese medikasie onder beheer gehou word..dit is nou vir die laaste 3 bloedtoetse normaal.

Ek kry hartkloppings vandat ek so 13jaar oud was..dit begin enige tyd en NEE ek word nie kwaad of skrik noodwending elke keer nie..

Daar is sover nog net ekg''s geneem en voorgestel dat ek JHB toe gaan waar hulle my hart in die teater wil stop en weer " kick start"  soos hulle se..MAAR hoekom dit klop dan normaal as jy nou sou voel of luister..?

Ek kan 3 soorte hartkloppings onderskei..
1..is baie vinnig en ek voel elke hartklop en my klere en kop gaan op en af met elke klop..
2..kan mens nie vinnig voel nie maar ek weet van elke hartklop en dit slaan hard..
3..dit voel asof dit 2 slae vinnig na mekaar slaan..
al 3 soorte maak my natuurlik baie bang terwyl dit gebeur en die tydsduur voel natuurlik baie langer as wat dit is..
My hart voel asof dit te moeg is en nie so kan aan gaan nie..!

Ek het gister aand 12h15 wakker geword en het ek hartkloppings gehad..dit het aangehou tot 12h30..ek kan nie onthou dat ek enige iets gedroom het nie..?

Ek het 4jaar gelede begin om 1x ''n week 1ml B12 vitamine en 1ml B compleks in te spuit en dit help dat die hartkloppings nie so gereeld kom nie en nie so baie lank aan hou nie..

Kan onthou toe ek jonger was het dit soms heel middag aan gehou..ek kan dit nou op ''n manier " beheer"  en weet wat werk om dit te laat stadiger klop..

Is daar enige arm apparaat wat ek vir myself kan aan koop wat die klop van my hart oor ''n tydperk kan stoor..?
Natuurlik nie teen ''n plaas se prys nie..

PROBLEEM is dat my Dr my nie wil verwys nie ''n Hart-Spesialis nie want teen die tyd dat ek daar kom is my hartklop al weer normaal en kry hulle nie iets fout nie..
So al behandeling wat ek nog gekry het was ''n ekg en pilletjies wat ek onder my tong moes sit maar dit het niks gehelp nie..

Ek is net bang dat dit eendag net sal " fiblileer"  en net sal ophou klop..so ek is baie angstig as ek alleen is wanneer dit gebeur..

Dankie vir die tyd om my email te lees..
Hoop om gou van u te hoor..lekker dag..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSleep Expert

Mevrou, hierdie is well 'n probleem vir 'n hartspesialis eerder as 'n slaap dokter.

Ek weet ongellukkig nie hoe om hierdie aan te stuur na so 'n persoon nie - u gaan die storie weer mooet oorvertel.

Maar ek stel voor dat u aandring by u huisdokter om 'n hartspesialis te sien.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Ria Botha | 2010/11/01

Ek is nou in 50 + jare. Deur die dag gaan dit klop disselboom met my, maar sodra ek soms rustig raak en net skuins op die bed gaan le, kry ek onreelmatige hartkloppings. ek is nie moeg nie, en ek stap gereeld ver ente. My dokter se dit is normaal so met die menopouse. Moet ek bekommerd raak. As die hart ritme so bietjie pla, voel ek angstig, dan drink ek ''n klein kalmeerpilletjie. dan is dit sommer weg. Enige rede tot kommer.

Reply to Ria Botha
Posted by: sanette van der westhuyzen | 2010/10/22

voel of my hart soms in my ore klop.

Reply to sanette van der westhuyzen
Posted by: Sleep expert | 2010/08/13

Mevrou, hierdie is well 'n probleem vir 'n hartspesialis eerder as 'n slaap dokter.

Ek weet ongellukkig nie hoe om hierdie aan te stuur na so 'n persoon nie - u gaan die storie weer mooet oorvertel.

Maar ek stel voor dat u aandring by u huisdokter om 'n hartspesialis te sien.

Reply to Sleep expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement