advertisement
Question
Posted by: Elize du Preez | 2012/01/31

hartklep

My man was ongeveer so 2 jaar gelede by ''n longspesialis vir sy twee jaarlikse ondersoek.(asma lyer en swam op long, drink chronies kortisoon) Dr Prins het ''n geruis op sy hart gehoor en hom verwys na ''n hartspesialis. Die hart spesialis het met ''n sonar vasgestel dat die hartklep besig is om te verkalk en my man moes toe elke 6 maande gaan vir ''n ondersoek, wat hy nie doen nie. Hy weier om ''n Dokter te sien, en dokter hom eerder self. Wat is die risiko verbonde aan ''n verkalkte hartklep? Sal dit moet vervang word op een of ander stadium en hoe word dit gedoen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Elise

Die risiko verbonde aan ‘n verkalkte hartklep hang af van baie factore, insluitend watter klep dit is, die pasient se ouderdom, hartspier funksie, en die teenwoordigheid of afwesigheid van ander toestande, bvb asthma, kronaarsiekte, ens. Sonder meer inligting oor jou man se ouderdom, die naam van die betrokke klep, ens is dit baie moeilik om jou vraag to beantwoord. Dikwels is dit nie nodig om a verkalkte hartklep te vervang nie. Die besluit hang af van hoe ernstig is die vernouing van die klep, of dit simptome veroorsaak, en dies meer Ek wil voorstel jy en jou man gaan saam na sy hart spesialis en vra dat hy vir jou mooi verduidelik presies wat is die stand van sake.

Ek hoop dit gaan goed met jou man vorentoe. Sterke.
JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Annetjie | 2016/06/13

Eks n 49j8mannde vrou. Met 30 rugoperasie diabetes 2 en n verkalkte hartklep en verdikte slymvlies om die Hart met verstopte hoogslagaar aan regtenek. EK key vreeslike pyn op my Hart. Is dit moontelik dat so iets die Hart pyn is. Is my koneksie ernstig

Reply to Annetjie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement