advertisement
Question
Posted by: Jackie | 2009/03/16

Hart (lees TIA'  13/7/2007

Hi Doc
Dis 20 mnde later en ek is in die moeilikheid. Ek het nie weer ' n TIA gekry nie, maar stelsig matig het my BP 180/110 gelees. Sowat ' n maand gelede het die dokter toe my medikasie aangepas soos volg:
LIPITOR 80mg
THYROXIN 0.15mg
AMLODOPINE 5mg
COVERSIL 5mg
DAPTRIL ?mg
ASPIRIN 150mg
FLUOXETINE 40mg
Week 1 - pols hoog (115) BP 140/95
Week 2 - pols stadig (53) BP 120/90
Week 3 - pols normaal (68) BP 110-85 + voete/bene/buik baie geswel + uitasem. Koop 3 xPurisa +3 Slow-K pille. Drink 1 van elk en verligting!
Verlede week - pols (85) BP 110-85 - vreeslik moeg wakker geword Woensdag en Donderdag met ' n pofferige gesig, heeltyd kortasem+ ongemaklik+ geen eetlus+ maag baie geswel. Weeg ongeveer 5kg meer as ' n maand gelede. Voel net nie lekker nie. Drink gister weer ' n waterpil+Slow-K, en pee-pee elke 15 minute, asook deur die nag. Voel vanoggend sommer baie beter en vrolik, drink toe laaste waterpil + Slow-K. Buik baie kleiner, voete en enkels weer slank en ek weeg 3kg minder!! Kan rondloop, goed doen sonder om na my asem te moet soek!! Dok, ek is ' n staatspatient - en kan nie sommer net dokter toe gaan nie want dan moet ek ' n dag verlof insit (werk by ' n privaat skool as die hoof se PA en het geen medies nie). Kan ek maar net aanhou met die sterk waterpille en Slow- tot my volgende besoek oor 3 x weke? Dis net dat ek regtig nie lekker gevoel het die afgelope tyd nie en noudat ek weer my ou-self voel vandag, wil ek dit graag so hou. Die probleem is dat die apteek aap stuipe gekry het toe toe ek vra vir die waterpille!! Dit help mos net my liggaam ontslaë  raak van die oortollige vloeistof of hoe? Wat stel jy voor gebruik ek in die plek daarvan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jackie
Dit klink vir my of jy dalk hartversaking het of nefrose ( niere wat nie die uitskeiding kan hanteer nie). Het jy 'n afspraak oor 3 weke by buitepasiente? Kan jy dit vervroeg? Anders moet jy dalk ongevalle toe gaan as jou voete erg geswel is dat hulle jou spoed kan verwys na 'n internis! Die waterpille kan jou bloed se soute erg deurmekaar krap en dalk meer moeilikheid veroorsaak...
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement