advertisement
Question
Posted by: Sheena | 2012-03-28

Hart klop..

Hallo Dokter,
Ek is vroulik en 41 jaar oud..ek kry al hartkloppings vandat ek 12 jaar oud is. Niemand kon nog vasstel wat dit veroorsaak nie.
Ek was ''n jaar terug vir ''n hart sonar wat normaal was.
Ek is bekommerd omdat my hart soms so vinnig klop en ek glo dit kan nie goed wees vir die hart nie dit is ''n spier en is ek bang dit kan die leeftyd daarvan verlaag.
My probleem is dat ek nie ''n patroon kan vasstel nie..ek teken die dae aan wat ek hartkloppings kry.
Ek kan twee soorte hartkloppings onderskei.
1) Hart klop vinnig en my klere en kop skud op en af met elke hartklop..ek voel en weet van elke hartklop.
2) Dit klop nie vinnig nie maar ek weet van elke klop en daar is ''n dubbel slag.
Albei is baie uitputtend en kry ek die gevoel dat ek nie genoeg suurstof kan in asem nie.
Ek sal NOOIT GEWOOND raak aan die gevoel nie en elke keer dink ek NOU GAAN EK DOOD, natuurlik nie die beste ding as ek probeer ontspan en my hartklop stadiger kry nie.
Ek wil dit nou probeer dokumenteer want my huis dokter glo my nie as ek vrae vra oor die hartkloppings nie.
Ek neem hom nie kwalik nie omdat hy my nog nie gesien het terwyl ek hartkloppings het nie.
VRAE..
1) Waar kan ek ''n masjientjie (wat aan vinger knyp op om gewrig kom) koop wat die hartklop kan dokumenteer..?
2) Is daar masjientjies beskikbaar wat die hartklop, bloeddruk asook die suurstof kan meet..?
EK DINK EK HET ''N PASAANGEER NODIG MAAR EK SAL EERS DIE HARTKLOPPINGS MOET DOKUMENTEER SODAT EK DIT KAN SAAM NEEM NA MY HUIS DOKTER WAT MY DAN KAN VERWYS NA ''N HART SPESIALIS.

Ek hoop om gou van u te hoor.
Dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Sheena,

Dankie vir die vraag. Die hartkloppens wat jy beskryf is glad nie gevaarlik nie. Jy het hulle vir amper dertig jaar gehad en hulle het nooit enige kwaad gedoen nie. Die sonar wat jy gehad het was normaal, met andere woorde jou hart funksie is normaal.

Hartkloppens kom baie dikwels voor, selfs in mense met normale harte. Sommige mense is meer bewus van hulle as ander, en ‘n mens se benadering aan die toestand speel ‘n groot rol. Jy is onnodig angstig: Die simptome wat jy beskryf is die van angs en nie van ‘n gevaarlike hart toestand nie. Jou ervaring van die hartkloppens oor amper dertig jaar se vir jou jy gaan NIE dood as gevolg van hulle nie! Jou “gebrek aan suurstof” is ook ‘n simptoom van angs.

Dit is maklik om die hartkloppens te dokumenteer, as jy wil, maar ‘n masjientjie op die vinger of om die gewrig sal nie help nie. Die beste sal wees om ‘n 24 of 48 uur sogenaamde “Holter monitor” to gebruik. Dit kan duur jou huisdokter gereel word. Dit is ‘n klein EKG masjientjie wat elke hartklop gedurende die 48 uur tydperk sal dokumenteer. Daarna sal ons meer kennis he van die aard van die hartkloppens, keenis wat ons sal help om jou gerus te stel.

Jou bloedruk en suurstof versadiging kan ook gemonitor word, maar dit klink vir my dit is nie nodig nie. Jy het baie beslis nie ‘n pasaangeer nie! Pasaangeers het nie die vermoe om hartkloppens te onderdruk of wegneem nie.

Vriendelike groete, JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement