advertisement
Question
Posted by: jannie | 2008/08/14

Hart

Goeie Dag - Daaris vasgetel dat ek n hart defek het.Klaarblyklik is daar geen are wat uit die linkerkant van die hart gaan nie.Daar is wel twee are uit die regterkant.Daar is ook gesien dat die een hartklep beisg is om te verkalk.Ek is op twee nuwe pille gesit Aspavor en Ecotrin.Ek het ook n aneurisme by die een sinus.Die is al ses jaar terug gesien.gelukkig het dit nie gegroei nie.
Ek bly moeg en kry nog pyne op die linkerblad en skouer.

Kan die moegheid toegeskryf word aan die are of aan die kleppie wat verkalk.

Ek het ook bloeddruk probleme en is ook Diabeties.


Greotnis

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jannie
Dit hang af wat se tipe moegheid jy kry – is dit net oefenings verwant? Swel jou voete, en raak jy benoud as jy plat lê of vinnig loop? ( dit is alles tekens van vroeë hartversaking)
Ander redes vir moegheid kan wees dat jy skildklier probleme het, dat jou diabetes nie mooi gekontroleer is nie, dat jy dalk sleg slaap (snork jy baie?), dat jy dalk ystertekort bloedarmoede het. Jou dokter moet jou eintlik maar van kop tot tone mooi ondersoek en ’n paar bloedtoetse doen om die oorsaak van die moegheid te bepaal
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement