advertisement
Question
Posted by: abigail | 2004/03/18

Q.

harsingskudding

Goeienaand dr,
Ek is n 36 jarige vrou, het as tiener toe ek 16, 18, en 20 was harsingskudding opgedoen, onderskeidelik met netbal 2 keer en 1 keer in n moterongeluk. Ek het so 6 jr gelede begin agterkom dat ek nie dinge kan onthou nie en dit word erger. Ek kry nou gereeld hoofpyne en dit voel of iets my kop omklem, dit kan ook spanning wees aangesien ek onder geweldige druk is wat my besigheid aanbetref. Ek het nooit vir n breinscan gegaan nie, wat beveel u aan? Ek wonder of bogenoemde n invloed kan he op my emosionele sy ?
Baie dankie

2
user comments

C.

Posted by: George | 2004/03/19

Goeie more dr. Hugo,
ek het op Laerskool by 'n hele paar geleenthede harsingskudding opgedoen weens rugby, soveel so dat my dokter my forseer het om op te hou speel.
Ek het egter sedertdien die probleem dat ek bv. van my verlede - jeug en my hele lewel - slegs "snippets" van kan onthou. Dit is werklik frustrerend aangesien ek nie kan saampraat as mense praat van geleenthede in die verlede nie.
Ek twyfel egter of dit te danke kan wees aan slegs uitermate spanning - het oor die jare geleer hoe om my spanningsvlakke te beheer. Ek het egter 'n enorme vrees dat dit die voorloop van Alteimers kan/mag wees.
U opregte mening word baie waardeer.
George

Reply to George
Posted by: Dr Hugo | 2004/03/18

Goeie vrae wat jy vra. Eerstens, oorweeg om die situasie met jou GP te bespreek. Dit klink asof angs 'n probleem kan wees. Die vorige hoofbeserings kan saam met huidige angs verantwoordelik wees vir swak konsentrasie. As mens nie kan konsentreer nie kan jy nie optimaal onthou nie. Nuwe inligting word suboptimaal ingevoer na die geheue vasleggings areas weens swak konsentrasie.
Hoe weet jy of jy oormatig angstig is? Doen die toets by Health24=>Mind=>Start the test
Wees versigtig vir kalmeermiddels as behandeling vir angs.

Reply to Dr Hugo

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement