advertisement
Question
Posted by: Stevie | 2008/11/10

Hare van uit

Goeiedag

Ek het so ' n week gelede agtergekom dat my hare uitval as ek hare was en as ek dit kam daarna en in die oggend as ek dit weer kam dan val daar weer ' n klomp hare uit. As ek was val daar gewoonlik ' n bietjie hare uit (min) maar nou is dit meer. As ek was en ek droog die hare uit of wil afspoel en ek neem die hare bymekaar om dit uit te droog dan is dit ' n hele bos wat los is en uitkom. Wat kan dit wees? Kan dit weer as gevolg van kleur wat op die hare gebruik word (ek gaan elke 6 weke na die salon vir kleur) - dit doen ek vir die afgelope 3 jaar. Kan dit dalk dieet wees? Ek eet redelik gesond maar soms skeep ek myself maar af en eet sommer ' n toebroodjie - weet nie of dit dalk nie gesond genoeg is nie! Ek drink berocca calmag as aanvulling en ook Caltrate D tablette. Verder was ek hierdie winter nogal siek met bronchitus/larangitis - ek word nooit siek nie - hierdie was die eerste jaar wat ek regtig siek was en in die hospitaal beland het. Ek sukkel nou nog met my stem wat vir 6 weke weg was. Ek het vitamien B inspuitings gekry daarna om my gestel op te bou. Ek voel baie gesond en het baie energie. Dankie vir u aandag en hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Stevie
Haarverlies is baie keer 'n nagevolg van stress of 'n siekte (soos jou bronchitis). Dit kan ook 'n teken van yster tekort anemie wees. Probeer 'n aanvulling soos Nu-hair, gooi Bergamot essens by jou shampoo. Vra jou GP om jou skildklier en ystervlakke te toets.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Cc | 2008/11/11

Ek gebruik Natur Vital se hair loss treatment olie.... Jy kry shampoo en conditioner ook in die reeks.. dis goedkoop en werk... " n aanvulling wat help vir hare sal ook help.....Dischem verkoop dit

Reply to Cc
Posted by: Stevie | 2008/11/10

Dankie vir die raad - ek is bly iemand anders het ook so ' n probleem! Ek voel sommer beter - sal raad gaan vra. Sal net wag tot die dokter ook antwoord. Ek is 43 - het vergeet om dit te noem in my brief.

Reply to Stevie
Posted by: cc | 2008/11/10

Daar is goed op die mark wat help vir hare wat uitval.. gaan dischem toe en gaan vra raad....Kry vir jou iets....my hare het net so uitgeval.. nou na 8 jaar begin dit stadig weer reg kom... ek kleur ook

Reply to cc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement