advertisement
Question
Posted by: Ria | 2012/05/12

Hardlywigheid

My man is 78 en sukkel baie met hardlywigheid. Het Maandag (7 Mei)vir ''n kolonoskopie gehad. Hul kon niks fout kry nie. Sederdien het sy maag nog nie weer gegaan nie en hy drink movicol elke oggend. Hy verloor ook baie gewig. Help asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ria

Ek is jammer om te verneem dat jou man so sukkel met hardlywigheid en so baie gewig verloor. Ek weet nie of hy deur 'n Gastroënteroloog ondersoek is nie, maar dit is belangrik dat julle weer die dokter skakel wat die kolonoskopie gedoen het, en vir hom/haar inlig dat jou man steeds so sukkel met die hardlywigheid. Indien hy nie deur 'n Gastroënteroloog gesien is nie, wil ek aanbeveel dat julle vra dat hy deur so 'n spesialis ondersoek moet word. Daar is baie toestande wat hardlywigheid as simptoom kan hê, en sommige daarvan is nogal ernstig, veral as dit met gewigsverlies gepaard gaan. Dit sal dus belangrik wees om 'n diagnose te kry sodat ons kan sien hoe jou man se dieet aangepas kan word. Indien jy wel gesond verklaar word, dan wil ek voorstel dat jy klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Food as Medicine' en die artikels onder 'Healthy colon' lees, veral dié wat betrekking het op veselinname en die gebruik van probiotika of 'goeie mikroörganismes'.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ria | 2012/05/14

Dok. Dankie vir jou antwoord. Hy was by dr. P.J. Honiball en ons wag nog vir die verslag. Sal jou laat weet sodra ons dit gekry het
Dankie
Ria

Reply to Ria
Posted by: DietDoc | 2012/05/14

Beste Ria

Ek is jammer om te verneem dat jou man so sukkel met hardlywigheid en so baie gewig verloor. Ek weet nie of hy deur 'n Gastroënteroloog ondersoek is nie, maar dit is belangrik dat julle weer die dokter skakel wat die kolonoskopie gedoen het, en vir hom/haar inlig dat jou man steeds so sukkel met die hardlywigheid. Indien hy nie deur 'n Gastroënteroloog gesien is nie, wil ek aanbeveel dat julle vra dat hy deur so 'n spesialis ondersoek moet word. Daar is baie toestande wat hardlywigheid as simptoom kan hê, en sommige daarvan is nogal ernstig, veral as dit met gewigsverlies gepaard gaan. Dit sal dus belangrik wees om 'n diagnose te kry sodat ons kan sien hoe jou man se dieet aangepas kan word. Indien jy wel gesond verklaar word, dan wil ek voorstel dat jy klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Food as Medicine' en die artikels onder 'Healthy colon' lees, veral dié wat betrekking het op veselinname en die gebruik van probiotika of 'goeie mikroörganismes'.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.