advertisement
Question
Posted by: Stellabr | 2012/09/17

Hardlywig

Beste Cyberdoc, ek is 33 jaar oud, 1.73m lank en weeg 93kg. Ek is my lewe lank hardlywig en ek glo dat, as gevolg daarvan, ek sukkel om gewig te verloor. Ek eet vandag en twee dae later gebeur niks. Ek was nou al op al wat ''n dieë t is (Weigh-Less) en niks werk vir my nie. Ek gebruik Colon-Prep so twee keer per maand sodat ek net my derms kan skoonkry. Ek gaan Vrydag vir ''n kolonoskopie maar bekommer my net dat daar dalk niks - of iets erg - verkeerd kan wees met my. Ek is so bang daarvoor, ek dink ek moet eerder maar net aanhou om die medisyne te drink sodat ek kan gaan.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Stellabr

Moet asseblief nie jou kolonoskopie kanselleer nie. Daar is baie toestande wat hardlywigheid kan veroorsaak en wat baie goed behandel kan word. Ek stel voor dat jy jou dokter ook bloedtoetse doen om toestande soos insullien weerstandigheid, 'n onderaktiewe skildklier, diabetes ens. uit te skakel. Jy kan ook 'n dieetkundige vir 'n gesonde dieet konsulteer. Gereelde kardiovaskulere oefening is uiters belangrik vir gewigsverlies.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement