advertisement
Question
Posted by: ANDRIETHA | 2009-02-17

Q.

HARDLOOP

My hardloop 3 keer per week tussen 7 - 10 km op ' n keer. Hy sê  dit voel of hy geen krag in sy bene het nie - geen energie. Is daar dalk ' n aanvulling of ' n drankie of iets wat ek vir hom kan kry om sy kragte ens op te beur? Dankie

Expert's Reply

A.

Expert ImageSports Nutrition

Hi Andrietha

Die beste is om seker te maak hy eet ses keer per dag en fokus op lae GI koolhidrate met elkeen van daardie porsies – gewoonliks is die probleem van lae energie gesetel in te min eet, so maak ook seker dat hy sy voedselinname verhoog.

Net voor die hardloop is dit goed om n energie drankie te neem – dit kan so eenvoudig wees soos n energade / powerade – beste is natuulik om so bietjie proteine by te voeg en ek hou daarvan om PeptoPro te gebruik. Daar is wel drankies op die mark wat reeds so geformuleer is – gaan vra gerus by julle naaste Dischem. Slegs met langer wedlope is dit nodig om weer energie drankies tussen deur te neem.

Laastens kyk asb na sy waterinname – dit is n ander groot rede vir moegheid – ten minste 2-3 L per dag en gesprei oor die dag. Dis voor die handliggend dat hy natuurlik goed moet hidreer na n wedloop.

Sterkte en mooi bly.
Vanessa

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement